Met nuwe navorsing deur die dieetmaatskappy Forza Supplements is bevind watter tye van die dag die beste tyd is om te eet as jy van ongewenste kilo’s wil ontslae raak.

Navorsers het 1 000 verslankers gevra wanneer hulle eet, en het die doeltreffendheid van hul gewisgsverlies met hul etenstye vergelyk.

Volgens die studie kraai die ou mantra steeds koning: Jy moet ontbyt eet soos ’n koning, middagete soos die werkersklas en aandete soos ’n hawelose.

’n Groot ontbyt is uiters doeltreffend vir gewigsverlies, spesifiek as jy om 7:11 jou ontbyt eet.

Middagete moet liefs vroeër geëet word, met 12:38 wat aangewys is as die ideale tyd.

Om saans later as seweuur te eet is ook nie goed vir jou middel nie omdat jy saans die minste aktief is; daarom behoort jy ’n kleiner aandete te eet. Presies 6:14 is aangewys as die beste tyd om aandete te geniet.

Daar is ook in die studie bevind dat maaltye oorslaan gewigsverlies belemmer, en dat die meeste mense hul voorneme om gesond te eet tussen sesuur en tienuur saans oortree.

Mieke Vlok

Bron: Daily Mail