Navorsers by die Shanghai Jiao Tong University School of Medicine het muismannetjies ondersoek ten einde die wyse agter te kom waarop streshormone bloedsuikervlakke beïnvloed, en hulle glo die resultate kan ook op mense toegepas word.

Hulle het die knaagdiere aan stres blootgestel deur hulle twee weke lank twee uur per dag in buise te hou.

Hoewel die muise se glukosevlakke normaal was, is daar ’n verhoogde vlak van die streshormoon glukokortikoïde in hul bloed gevind.

Lees ook: Suiker verjaag Klaas Vakie

Toe hierdie muise met wyfies wat nie in buise was nie, gepaar is, is daar gevind dat hul nageslag se bloedglukosevlakke bo normaal hoog was.

Volgens professor Xiaoying Li is hulle “baie geïnteresseer in die manier waarop verandering in gedrag die homeostase van glukose beïnvloed.”

Epidemologiese studies het die verband tussen sielkundige stres en gepaardgaande diabetes gedemonstreer.

“Ons is nuuskierig om uit te vind of die uitwerking oor geslagte heen oorgedra kan word.”

Daar is gevind die verhoogde bloedsuikervlakke kom in die Sfmbt2-geen voor. Toe die muis in ’n buis gehou is, het die ekstra glukokortikoïde veroorsaak dat meer metielgroepe by die Sfmbt2-geen in die knaagdier se sperm gevoeg word.

Lees ook: Vroue wat min slaap is meer geneig tot Tipe 2-diabetes

Toe die muis egter met ’n molekule ingespuit is wat tot ’n gedempte uitwerking van glukokortikoïde lei, kon die Sfmbt2-geen nie oorgemetileer word nie – wat beteken die bloedsuikervlakke is nie beïnvloed nie.

Professor Li hoop nou verdere navorsing sal wetenskaplikes in staat stel om ’n manier te ontdek wat uitwerking van glukokortikoïde op menslike sperm te blokkeer.

“In die geval van muise kan sielkundige stres by die pa lei tot hiperglukemie in sy nasate,” het sy bygevoeg.

Dié navorsing is in die tydskrif Cell Metabolism gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dié sewe modelle het ook al naam gemaak in Hollywood

Talle sterf, beseer in ‘lukrake’ skietvoorvalle in VSA

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Oud-Bokkaptein John Smit haak nou van die veld af

Colombiaanse sakeman in SA met Zikavirus gediagnoseer