[caption id="attachment_113425" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Navorsers aan die Universiteit van Oxford glo dat vorige studies verwarring veroorsaak, wat beteken dit is nie ongelukkigheid wat siekte veroorsaak nie, maar juis die teenoorgestelde.

“Siekte maak jou ongelukkig, maar ongelukkigheid op sigself maak jou nie siek nie,” het dr. Bette Liu van die Universiteit van Nieu-Suid-Wallis, wat ook aan die studie deelgeneem het, verduidelik. “Ons het geen regstreekse uitwerking van ongelukkigheid of spanning op sterftes gevind nie.”

“Siekte maak jou ongelukkig, maar ongelukkigheid op sigself maak jou nie siek nie”

Wetenskaplikes het die Million Women Study, wat Britse vroue sedert 1996 gemonitor het, gebruik om hul afleidings te maak. Nadat almal uitgesluit is wat aan die begin van die studie siek was, het hulle 729 000 vroue met ? gemiddelde ouderdom van 59 jaar oorgehad om op te fokus.

Deelnemers het vrae beantwoord oor hoe dikwels hulle gelukkig of gespanne gevoel het en dan is hulle oor 10 jaar gemonitor, waartydens 30 000 van hulle gesterf het. Dit het aanvanklik voorgekom asof daar ’n verband is tussen ongelukkigheid en sterfte, maar nadat ander faktore (soos rykdom en of die mens gerook het) in ag geneem is, het hierdie verband verdwyn.

Pleks daarvan kan ’n gevoel van geluk aanleiding gee tot ongesonde gewoontes, soos rook, drink of ooreet, wat op hul beurt weer kan lei tot ’n vroeë dood.

“Bekommernis kan gedrag veroorsaak wat nadelige gevolge kan hê, soos rook of drink. Maar sal werklike geluk of spanning op sigself jou dood veroorsaak? Nee,” sê sir Richard Peto, professor aan die Universiteit van Oxford.

Die studie het net na vroue gekyk, maar navorsers is oortuig daarvan dat ? soortgelyke studie met mans dieselfde resultate sal toon. “Baie mense glo nog spanning en ongelukkigheid kan die regstreekse oorsaak van siektes wees, maar hulle verwar eenvoudig oorsaak en gevolg,” het sir Richard bygevoeg.

“Siek mense is natuurlik meer geneig om ongelukkig te voel as dié wat gesond is, maar die studie toon geluk en ongeluk op sigself het geen direkte uitwerking op sterftesyfers nie.”

Nie almal is egter oortuig nie. Hartdokters bly veral seker dat spanning jou liggaam negatief beïnvloed. Bly dus maar aan die veilige kant en herhaal agter ons aan: “Don’t worry, be happy!” “Los die bekommernis en wees gelukkig!”

© Cover Media