So weet jy jy is verslaaf:

As jy op dae dat jy nie koffie, gas- of energiedrankies drink nie, traag voel, hoofpyn kry en heeltyd liggeraak is, is jy waarskynlik verslaaf aan kafeïen. Tieners tussen 13 en 18 jaar moet hoogstens 100 mg per dag inneem. Volwassenes kan tot 400 mg inneem.

Hoe om op te hou:

  1. Hou rekord van hoeveel kafeïen jy per dag inkry: ’n Koppie koffie bevat 100 mg, ’n energiedrankie 80 mg en gaskoeldrank bevat 30 tot 40 mg.
  2. Drink die helfte: Drink vir die eerste drie dae die helfte van wat jy gewoonlik inneem, en vir die volgende drie dae dan weer die helfte daarvan (dit wil sê ’n kwart van wat jy gewoonlik ingeneem het). Drink op dag sewe klein teugies, en moet op dag agt niks met kafeïen inneem nie. As jy stadig jou inname verminder, sal jou liggaam gewoond raak en sal jy nie hoofpyn kry of uitgeput voel nie.

OPPAS!

Wees ook versigtig vir ander gunsteling-eetgoed of drankies wat kafeïen bevat:

340 ml ystee = 4,6 mg per 100 ml

90 g-plak sjokolade= 28 g (dis gelykstaande aan een koppie kafeïenvrye koffie – dit bevat wel kafeïen, net minder as gewone koffie)

340 ml Coca-Cola = 10 mg per 100 ml

-Janine Nel

Bronne: Health.com, seventeen.com