langebaan braai   O is die algemeenste bloedgroep. Tipe O se voorvaders was die jagter-versamelaars. Met ’n proteïenryke dieet wat baie vleis bevat kan jy betyds vir die nuwe jaar met ’n slanke lyfie spog. ’n Paar eenvoudige riglyne:

  • Bly weg van koring.
  • As jy van Afrika-afkoms is, moet jy eerder jou inname van suiwel en eiers beperk.
  • Die enigste vleis wat jy nie mag eet nie, is varkvleis.
Vir ’n volledige lys van wat elke bloedgroep moet eet en vermy en heerlike resepte vir elkeen, kry die Huisgenoot-Wendiëte, wat nou op die rakke is. Wendiëte  

DAG 1

ONTBYT :      Klein bakkie gestoofde pruime; hawermout met sojamelk; groentee.

HAPPIE :        Klein hand vol okkerneute of amandels.

MIDDAGETE : Groenslaai met beetblare en blaarslaai, met gesnipperde makriel en repies rooi en geel soetrissies met groenbone. Olyfolie vir slaaisous. Gemmertee.

HAPPIE :        Groenterepies met hummus-doopsous. Gebruik rou wortels, seldery, komkommer en suikerertjies. AANDETE :   Gebraaide biefstuk met gestoomde spinasie en pampoen. Gebruik seesout of gejodeerde sout sout of kruie met jodium. Sodawater.  

DAG 2

ONTBYT :      Geposjeerde eier op rog-roosterbrood. Pynappelsap.

HAPPIE :        Pruim, vy of appel met pampoensade.

MIDDAGETE :           Groenslaai met lewerstukkies. Blaarslaai, roketblare, komkommer en babatamaties. Pietersielietee.

HAPPIE:         Ryskoekie met tahini.

AANDETE :   Geskroeide salm met patatwiggies en verlepte spinasie in knoffel en olyfolie. Sodawater of gemmertee.

Margaret EllisDeur Margaret Ellis