In ’n studie wat onlangs in die Canadian Medical Association Journal gepubliseer is, is bevind mense wat die lewe geniet se liggaam sal beter verouder as hul pessimistiese gelykes.

Meer as 3 000 mense ouer as 60 het aan dié studie deelgeneem. Hulle moes op ’n skaal aandui tot watter mate hulle met stellings saamstem wat hul welstand meet, soos:

  • Ek geniet die dinge wat ek doen.
  • Ek geniet ander se geselskap.
  • Ek is gelukkig wanneer ek terugdink oor my lewe.
  • Ek voel deesdae vol energie.

Navorsers het vasgestel mense wat pessimisties is, is drie keer so geneig om te sukkel met alledaagse aktiwiteite, soos aantrek. Gelukkiger ouer mense kan selfs vinniger loop as dié wat negatief is.

Ouer mense wat die lewe geniet, kan alledaagse take, soos in en uit die bed klim, langer en sonder ongemak doen as dié wat die lewe minder geniet.

Bron: Medical News Today