Ontbyt word steeds beskou as die belangrikste maaltyd van die dag, want dit plaas jou op die regte spoor vir wat ook al voorlê.

Neute Die Nasionale Sentrum vir Diabetes in New York het bevind dat neute energie stadig vrystel en dit bevat oliënsuur, wat ’n reaksie in die brein aanwakker wat hongerpyne afweer. Dit beteken dat jy langer versadig voel. Om jou kwota in te kry sprinkel ’n verskeidenheid gekapte neute oor jou gesondheidsgraankos.

Grondboontjiebotter bevat kalium, wat die risiko vir hoë bloeddruk en hartsiekte verlaag.

Samegestelde koolhidrate

Dis volgraanbrood, gerolde hawer, muesli en pap. Die Akademie vir Voeding en Dieetkunde het bevestig dat samegestelde koolhidrate glukose geleidelik in die bloedstroom vrystel. So voorsien dit deurlopend energie aan die liggaam en dit hou ’n mens langer versadig.

Eiers

Wie hou nie van ’n eier soggens nie? Die groot hoeveelheid proteïen, goeie vette en vitamiene, onder meer B1, B2 en A in eiers, verseker goeie ontwikkeling en werking van die brein. Probeer eiers eet in hul gesonder vorm, soos byvoorbeeld gekook of geposjeer, pleks van gebak. Dit behoort jou gefokus te hou en geesdriftig te maak vir jou dagtaak.

Grondboontjiebotter

Grondboontjiebotter bevat kalium, wat die risiko vir hoë bloeddruk en hartsiekte verlaag. Dit bevat ook gesonde mono-onversadigde vet, proteïene en antioksidante. Asof dit nie genoeg is nie, is in ’n studie deur die Britse Journal of Nutrition getoon dit kan ook bloedsuikervlakke stabiliseer. Om dit by jou ontbyt in te sluit hou by twee eetlepels van die natuurlike soort, wat uit 90 persent grondbone moet bestaan en geen kunsmatige versoeters of preserveermiddels bevat nie.

Salm

Salm is ’n wonderlike, gekonsentreerde bron van omega-3-vetsure wat help om breinselle weer op te bou, die kognitiewe afname te verlangsaam en ook die sinapse in die brein te versterk wat by geheue betrokke is. Dit, saam met ’n geposjeerde eier op volgraanroosterbrood vir die voordele wat ons hier bo genoem het, is ’n feitlik volmaakte begin vir jou dag.

© Cover Media