Ons almal het al voor die versoeking gewig en aan ’n lekker groot stuk koek gesmul. Maar hoewel jy in daardie oomblik goed voel, is koek nie een van die eetgoed wat voedingkundiges as kosse wat die gemoed kan lig sou beskryf nie.

Om jou te help om gesonder kosse te eet wat jou goed laat voel, het dr. Sarah Schenker ’n voedkundige van die nasionale gesondheidsdiens en die kossielkundige dr. Christy Fergusson saamgespan om ’n lysie trooskosse saam te stel wat ons almal moet eet. Daar is kosse wat jou eetlus beheer en kos wat die suikerlus en lus vir vetterige eetgoed in bedwang hou. Lees verder om te sien waaraan jy moet weglê. Hul lysie van die 22 top kossoorte sluit in pampoensade, chiasaad, salm, spinasie, broccoli en quinoa. Ander kosse soos klapper, avokado, granate, bloubessies en Brasiliaanse neute het ook die lysie gehaal.

'Lae-GI kosse soos volgraan-basmatirys bevat die soort koolhidrate wat stadig energie vrystel, wat die bloedsuikervlakke stabiel hou en sorg vir ’n meer gebalanseerde, kalm gemoed.'

“Brasiliaanse neute is die rykste bron van die mineraal selenium, en bevat tien keer meer daarvan as die naasrykste bron. Seleniumryke kosse help beveg depressie en daar is in studies bewys dat ’n klein handvol Brasiliaanse neute elke dag jou bui kan verbeter,” sê Sarah.

Kekerertjies, aspersies, boontjies en piesangs word ook gelys. En as jy ’n suikertand het, is donker sjokolade ’n uitstekende keuse. Gemmer, beet, rissie, jogurt, hoender, kalkoen en volgraan-basmatirys is die laaste sewe items op die lysie.

“Volgraan-basmatirys is ’n uitstekende toevoeging tot ’n dieet. Skommelinge in bloedsuikervlakke word verbind met veranderinge in die gemoed en energie, en bloedsuikervlakke word beïnvloed deur wat ons eet en drink,” sê Sarah. “Nadat jy suikerbelaaide kosse of verfynde koolhidrate geëet het, kan jou bloedsuikervlakke vinnig styg, wat kan lei tot stres en angstigheid – en dan weer vinnig daal wat jou uitgeput en ellendig laat voel. Lae-GI kosse soos volgraan-basmatirys bevat die soort koolhidrate wat stadig energie vrystel, wat die bloedsuikervlakke stabiel hou en sorg vir ’n meer gebalanseerde, kalm gemoed.”

© Cover Media