Nou word daar beweer dat dit ’n selfs groter uitwerking op jou geestelike welsyn kan uitoefen as wat voorheen gedink is.

Volgens onlangse navorsing loop mense wat lang tye tuis rondluier, ’n groter risiko op angs- en paniekaanvalle. Dit is veral waar in gevalle van mense wat op die rusbank uitkamp om televisie te kyk, aanlyn te gaan of videospeletjies te speel.

Onaktiwiteit word reeds gekoppel aan gesondheidsprobleme soos hartsiektes en diabetes. Dit word geruime tyd ook beskou as een van die moontlike oorsake van depressie.

Volgens Megan Teychenne, hoofnavorser en lektrise by die Deakin Universiteit se Centre for Physical Activity and Nutrition Research (C-PAN) in Australië, was dit die rede is waarom haar span ondersoek ingestel het om uit te vind of daar wel ’n verband tussen ’n sittende leefstyl en angs bestaan.

Nege studies is onder die loep geplaas. Daar is gekyk na mense wat sit op pad werk toe, dié wat heeldag in die kantoor sit en ook groepe wat gedurende hul vrye tyd sittend en aanlyn deurbring.

In vier van die studies skyn dit asof daar ’n verband bestaan tussen sit en die verhoogde risiko op angs terwyl ander toon dat ‘n minder-aktiewe leefstyl ook ’n uitwerking het op jou geestelike welstand.

"Dit is belangrik om die gedragsfaktore wat aan angs gekoppel kan word, te verstaan sodat bewys-gebaseerde strategieë ontwikkel kan word om hierdie siekte te voorkom en ook te bestuur.

“Ons navorsing het getoon dat daar ’n besliste verband bestaan tussen sittyd en angssimptome – alhoewel die rigting hiervan nog deur middel van lengte- en ingrypingstudies bepaal moet word,” het Megan gesê.

Angs kan ’n uitmergelende siekte wees wat in intensiteit wissel. ’n Mate van angs is wel normaal wanneer jy jouself ’n stressituasie bevind: soos wanneer jy eksamen skryf of vir ’n werksonderhoud gaan, maar dit behoort nie ’n invloed te hê op jou alledaagse lewe nie.

“Diegene wat op ’n hoër vlak daaraan ly, kan gedurig bekommerd voel, maar kan nie ’n vinger op die oorsaak lê nie. Hulle kan ook ’n verhoogde, hamerende hartklop ervaar. Hulle gaan soms dinge obsessief na.

“Waar die kwessie regtig ernstig is, kan hulle sukkel om die huis te verlaat of hulle vind sekere situasies só stresvol dat hulle ’n volskaalse paniekaanval kry.

Dit is nie bekend waarom meer tyd op die rusbank aanleiding kan gee tot angs nie, maar dit is moontlik omdat mense wat voortdurend binnenshuis bly, in elk geval meer geneig is tot angs.

© Cover Media