Dit is egter nie nodig om te veel daaroor te stres as jy dit met die regte gemoedstemming en houding benader nie, want jy sal gou gemaklik voel. Hier volg ’n paar wenke oor hoe jy weer geleidelik by jou loopbaan kan aanpas.

Stel ’n roetine op

Beplan jou oggendroetine vooraf sodat jy weet watter stappe jy moet doen om nie gejaagd te voel en te lyk wanneer jy by die werk opdaag nie.

Wees so deeglik soos jy verkies – van die oomblik af wanneer jy wakker word en jou baba voed tot jy werk toe gaan en watter taak jy eerste gaan takel.

Indien jy bekommerd voel oor die eerste stappe van die dag, probeer om dit vooraf te oefen.

Jy moet moontlik jou baba by ’n familielid, vriendin of kleuterskool aflaai – iets waaraan hulle nie gewoond is nie – dus is dit goed om hulle ook voor te berei.

Lees ook: Moeders oor 40 ‘moontlik meer geneig om ’n hartaanval of beroerte te kry’

Trek gemaklik aan

Jy was gewoond aan los, gemaklike klere terwyl jy jou baba versorg het en dis nie nodig om skielik ongemaklik aan te trek wanneer jy teruggaan werk toe nie.

Kies klere wat rekbaar en deftig is en sorg vir vryheid van beweging, sowel as styl.

Jy sal graag wil goed voel oor jouself, dus moet jy nie huiwer om jou so ’n bietjie op te dollie nie – dit is tog ook jou groot terugkeer.

Neem elke dag soos hy kom en moenie jou bekommer as jy nog ’n bietjie oorgewig is wanneer jy teruggaan werk toe nie. Dit is doodnormaal.

Kies vleiende klere wat enige deel van jou liggaam verberg waaroor jy nog onseker voel.

Skep gereeld asem

Dit gaan oorweldigend wees, dus moet jy nie huiwer om gereeld gedurende die dag weg te breek om jou gedagtes agtermekaar te kry nie.

Jy moet ook vir ’n ruk van die rekenaarskerm af wegkom as jy in ’n kantoor werk en nie dikwels op die rekenaar gewerk het gedurende jou kraamverlof nie. Jy wil nie met ’n aaklige hoofpyn sit nie.

Drink baie water, rek jou bene deur kombuis toe te stap en kry vars lug in jou etensuur sodat jy die res van die dag verfris kan voel.

Lees ook: Vroue steeds verleë oor nabehoedpil

Vra om hulp

Die selfversekerdheid wat jy voorheen in jou pos gevoel het, het dalk verminder, of in die ergste geval, verdwyn.

Jy hoef jouself nie daarvoor te blameer nie, aangesien dit normaal is om effens verlore te voel nadat jy so lank weg was.

Jou kollegas sal dit verstaan. As jy enigiets nie verstaan nie of jy het hulp nodig, moenie bang wees om hulp te soek of te erken jy weet nie hoe om dit te doen nie.

Die heel laaste ding wat jou werkgewers wil doen, is om jou ongemaklik te laat voel.

As jy werklik sukkel, moet jy miskien ’n werkwyse bespreek ten einde weer by jou vorige vaardighede uit te kom.

Onthou aan die einde van elke stresvolle dag dat elke sent wat jy verdien, vir jou kind se toekoms aangewend kan word.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende roofrog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

’n Maklike manier om alkohol vaarwel toe te roep

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue