’n Mens sou normaalweg kon verwag dat die belofte van ’n lang lewe, vry van pynlike siektes, genoeg sou wees om mense te help om swak leefstylgewoontes af te sweer, maar dit werk nie so nie.

Talle gaan voort om te veel te rook en te drink. Party vergeet selfs om medisyne te drink wat hul aardse lewe sou kon verleng, aangesien dit nie by hul lewenstyl inpas nie.

Twee studies het bevind dat hulp egter byderhand kan wees in die vorm van die belofte van koue, harde kontant, want dit dra baie by om mense aan te moedig om gesondheidsbewus te raak. Die eerste studie, wat in die tydskrif Addiction gepubliseer is, handel oor 600 swanger vroue wat rook. Almal van hulle kry berading om hulle te help om op te hou, maar 600 van hulle kry ook $600 in die vorm van koepons. Dié wat die geldelke aansporing gekry het, was meer geneig om die nikotien af te sweer – 22 persent het geslaag om op te hou, vergeleke by 8,6 persent uit die ander groep. Die neiging het ook voortgegaan nadat hulle hul babas in die wêreld gebring het: 33 persent het op hul ou weë teruggeval in vergeleke met 55 persent van dié wat nie die koepons ontvang het nie.

"Indien die belonings bloot aan die lyer of die dokter gegee is, was dit nie suksesvol nie"

Vandeesweek het die Tydskrif van die Amerikaanse Mediese Raad navorsing rakende mense se cholesterol opgesom. Wanneer finansiële beloning aangebied is vir dokters en hul pasiënte met lae-digtheidslipoproteïne-cholesterolvlakke (LDL), was hulle aansienlik yweriger om dit te verlaag.

Interessant genoeg, indien die belonings bloot aan die lyer of die dokter gegee is, was dit nie suksesvol nie.

Dr. David Asch het die studie gelei. Hy is ’n professor in geneeskunde en uitvoerende direkteur van die Center for Health Care Innovation by die universiteit van Pennsilvanië in Philadelphia.

"Daar is geweldig baie entoesiasme vir die gebruik van geldelike aansporings ten opsigte van gesondheidsorg,” het hy aan CBS News gesê en ’n voorbeeld gegee van waar dit sou kon werk.

“Ons weet uit goeie kliniese proefnemings dat statiene baie doeltreffend is wanneer dit kom by die vermindering van ons risiko op latere kardiovaskulêre siektes.

Daar is goeie getuienis dat dit werk. Daar is baie goedkoop en generiese statienes. Dit word een keer per dag ingeneem en die newe-effekte is baie laag.

"Dit is die volmaakte stelsel vir goeie ondersteuning."

© Cover Media