Dit fokus op ’n proteïen, genaamd PCSK9, wat die cholesterol in die bloed reguleer deur ons liggaam aan te moedig om die reseptore waaraan dit vaskleef, af te breek soos dit uit ons stelsels uitgespoel word.

As daar ’n mutasie in die proteïen teenwoordig is, verhoog mense se cholesterolvlakke, aangesien dit nie eweredig versprei word nie, en dan het so iemand ’n hoër risiko vir gesondheidsprobleme.

LDL-cholesterol is vetterig; dit kan die are blokkeer en so hartaanvalle en beroertes veroorsaak. Daar is darem iets goeds ook, aangesien dit lei tot die vervaardiging van vitamien D en sekere hormone wat vertering bespoedig.

Die entstof teiken die proteïen en raak daarvan ontslae; dus is daar nie oortollige cholesterol in die bloed nie en die persoon is gesonder van binne.

Daar is ook bewys dat die entstof heilsamer is as statiene wat miljoene mense gebruik om hul cholesterolvlakke te verlaag.

Dit kan ’n alternatief wees vir die gebruik van statiene in eksperimente, aangesien dit die gesondheid van muise en lemurs (vosape) drasties verander het, en hopelik kom mense volgende aan die beurt vir toetsing.

Dr. Bryce Chackerian van die Universiteit van Nieu-Mexiko, een van die skrywers van die studie, het gesê: “Een van die mees opwindende eienskappe van hierdie nuwe entstof is dat dit blykbaar baie doeltreffender is as die gebruik van statiene alleen.”

Intussen het dr. Alan Remaley van die Nasionale Hart-, Long- en Bloed-Instituut by die Nasionale Institute van Gesondheid, die opmerking gemaak dat die entstof ook newe-effekte voorkom het wat by die gebruik van statiene voorgekom het. Hy glo dat die entstof eindelik ’n drasties nuwe “kragtige“ behandeling sal word om die probleem te takel.

Studies op vosape sal voortgaan. Die onlangse bevindings is in die tydskrif Vaccine gepubliseer.

© Cover Media