Dis hoe Doug Leddin se Facebook-video begin in ’n roerende inskrywing oor sy 10 jaar lange stryd teen depressie. Die 27-jarige man van Ierland het die video gedeel om ’n gesprek rondom die siekte aan te moedig.

“Daar is iets wat ek al vir ’n lang ruk van my hart af wil kry, 10 jaar om presies te wees,” het hy in die onderskrif by die video geskryf.

“Dit sal van my hegste vriende verras met wie ek net nie kon praat nie, uit vrees dat ek hulle sou verloor of nie aanvaar sou word nie. Maar ná deeglike oorweging het ek besluit om ’n video te maak om die las van my skouers te lig en my ervaringe met julle te deel.”

Lees ook: Breinskanderings kan dalk depressie voor diagnose raaksien

Hy skryf ook oor hoe depressie iets is waaroor ons almal moet praat omdat “mense vir te lank in stilte gely het en dis nie reg nie. En al is dit hoe moeilik om daaroor te praat, help dit regtig.

“Ek sê nie dit sal alles oukei maak deur jou hart teenoor vriende, familie, kollegas of spanmaats oop te maak nie, maar dit sal beslis help.”

In die video, wat sedertdien soos ’n veldbrand op die internet versprei het en meer as een miljoen keer op Facebook gekyk is, vertel Doug sy lewe was ’n front en hoe hy sy voortdurende stryd met sy geestesgesondheid weggesteek het.

“As jy my familie of vriende sou vra wat hulle van my dink, sou hulle waarskynlik vir jou sê ek’s ’n sorgelose, positiewe, hardwerkende en selfversekerde ou. Maar dis alles ’n leuen.

“Ek leef ’n heel ander lewe van binne. Ek lewe die lewe van iemand wat erg met depressie sukkel. En dis vir my so moeilik om daaroor te praat, maar dis nie net ek nie.”

Doug vra in die onderskrif om verskoning aan sy beste vriende “omdat ek nie die moed gehad het om dit vroeër te doen nie”.

Lees ook: Band tussen tegnologie en depressie gevind

“Ek is nou 27 en in ’n baie beter plek in my lewe. Ek was vir jare by dokters in en uit, het vanaf 16 jaar by John of God en verskeie ander plekke om hulp aangeklop. Dit was ’n donker plek en ek het alleen gely en ek moes nie.

“Die afgelope jaar gaan dit baie beter en ek is genadiglik nou in ’n posisie waar ek gemaklik voel om dit te deel en hoewel ek wens dit het my nie so lank geneem om openlik hieroor te praat nie, het dit so gebeur en ek kan dit nie verander nie, en hopelik kan ek ’n paar ander aanmoedig om dieselfde te doen.”

Kyk hier na die roerende video:

* Vir nog inligting en verwysing na kundiges en ander steungroepe, besoek Sadag of bel 011-234-4837. Hul tolvry nommer is 0800 567 567 en jy kan ook ‘n SMS aan 31393 stuur.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is