Rugoperasies is nou kleiner, veiliger en beter as ooit tevore – en die herstel vinniger danksy nuwe tegnologie. Hoe weet jy of jy regtig 'n operasie nodig het, en watter slim tegniek kan jou nek of rug weer 'nuut' maak? Hier is jou volledige gids.

Deur Betina Louw en die Health24-span

NEK en rugpyn is so algemeen dat dit eintlik as normaal beskou word. Meer as agt uit elke tien mense kry die een of ander tyd in hul lewe rugof nekpyn.

Tog het net 2 persent van die duisende Suid-Afrikaners wat jaarliks vir rug- of nekpyn behandel word, werklik chirurgie nodig. As die spesialis jou dus aansê om 'n operasie te ondergaan, hoe weet jy hy is reg? En wat gaan die operasie behels? Sal jou mediese fonds daarvoor betaal?

'n Rugoperasie is net in een van vyf probleemsituasies die enigste uitweg, sê die spesialiste. Enige ander rugkwaal moet op ander maniere behandel word.

As jy wel in die 2 persent val wat 'n rug- of nekoperasie nodig het, is die kans goed dat jy danksy nuwe en vindingryke tegnieke net klein merkies op jou rug sal oorhou en baie gouer sal herstel. Innoverende tegnologie het 'n hele omwenteling in dié operasies meegebring.

Die tegnologie ontwikkel só vinnig dat spinale produkte gemiddeld elke agttien maande met nuwer produkte vervang word. Die verskaffi ng daarvan is wêreldwyd 'n bedryf wat biljoene rande werd is.

Dokters kry soms druk van die vervaardigers van nuwe produkte om dit te gebruik. Sommige pasiënte plaas dokters ook onder druk om 'n operasie te doen omdat rugoperasies nou minder traumaties is as selfs net 'n dekade of twee gelede. Daarbenewens moet ál meer mense rugoperasies kry – hoofsaaklik omdat mense in die algemeen ouer word en daar dus meer werwelslytasie voorkom.

As jy al ooit rugpyn gehad het, lees gerus ons omvattende dossier oor rug- en nekoperasies op die volgende bladsye – dit kan dalk net 'n groot verskil aan jou lewensgehalte maak.

A: Die vyf gevalle waar 'n rugoperasie al uitweg is

As 'n senuwee in die rug of nek vasgeknyp word en ander behandeling nie gehelp het nie.

As daar groot drukking (kompressie) teen die rugmurg is.

As die werwels te los van mekaar is en daar soveel beweging is dat die rugmurg kan seerkry.

As nek- of rugpyn met senuweeskade gepaardgaan. As jy nie jou arm of been kan beweeg nie, het jy beslis senuweeskade. Die gevaarligte vir senuweeskade moet fl ikker as 'n pyn in jou arm of been afstraal, as jou arms of bene dood en dom voel, as hulle lam is en jy sukkel om hulle op te lig, as jy 'n tintelende gevoel in enige ledemaat ervaar, of as jy sukkel om jou blaas goed te beheer.

As die pyn jou lewensgehalte benadeel.

Dokters vra die volgende vrae voor hulle 'n rugoperasie aanbeveel:

Is die pyn baie erg?

Kan jy nie meer loop, staan, buk of vir jouself sorg nie?

Laat die pyn jou sleg slaap? Beperk dit jou sekslewe, sosiale bedrywighede en vermoë om te reis omdat dit te pynlik of moeilik is om lank in 'n motor, bus of vliegtuig te sit?

As jy ja antwoord op die vrae hierbo, is die kans goed dat 'n rugoperasie jou lewe kan verbeter. As jy nee antwoord (en dit geld vir 98 persent van alle mense met rug- of nekpyn), kan jy jou rugpyn beter dokter met pille, strekoefeninge, fi sioterapie en die regte maniere om te sit, buk, lê terwyl jy slaap, en so meer.

B:Die groot Vooruitgang

Dalk het jy gedink 'n rugoperasie behels noodwendig lang snye al met jou ruggraat langs, maande lank plat op jou rug of spesiale rugstutte. Dan is dit tyd om jou te verwonder aan die deurbrake en nuwe tegnologie wat die afgelope twintig jaar die hele benadering tot rugoperasies verander het. Die pyn, ongerief, bloeding en weefselskade is nou baie minder as jare gelede. Kyk net wat dokters deesdae kan doen . . .

Hulle kan met sleutelgatchirurgie klein snitte (tussen 2 en 5 cm) maak. Deur dié klein gaatjies kan hulle die deel van 'n stukkende tussenwerwelskyfi e wat teen 'n senu wee druk, wegsny – of die hele skyfi e verwyder of selfs met 'n titaniumskyf vervang. Moderne optiese navigasierekenaars wys die dokter presies waar hy moet sny, sodat hy netjies kan werk al is die hele deel nie oopgesny nie.

Titaniumstutte kan gebruik word om werwels wat op mekaar platgeval het en senuwees vasknyp, weer netjies uitmekaar te hou. Fusies (sien bl. 74) word minder gedoen omdat dit die rug of nek minder beweeglik maak.

Die beste van alles is dat die dokter in sommige gevalle nou nuwe materiale sommer met 'n naald in die rugwerwel of kraakbeenskyf kan inspuit! Hy kan spesiale beensement spuit in 'n werwel wat weens osteoporose gekraak of gebreek het. Die beensement word binne twintig minute hard en neem die meeste van die pyn weg.

MET dié nuwe tegnieke is sowel die operasie as die hersteltyd baie korter. Daarby verbeter titaniumskywe die herstelproses omdat 'n ruggraat daarmee buigsamer en beweegliker bly.

Dit hou selfs langer as die chroomskywe wat vroeër gebruik is. Dit duur ook nie meer drie tot ses maande voor die pasiënt herstel het nie, maar tussen een en ses weke.

Maar . . .

Die koste van spinale produkte en operasies is buitensporig omdat alle produkte eers deur duur toetsprogramme moet gaan om seker te maak dit is veilig, en dokters hoë invoerkoste moet betaal. Titanium, die mees algemene materiaal wat in rug- en nekoperasies gebruik word, word byvoorbeeld in Suid- Afrikaanse myne ontgin, maar die erts word in die buiteland verwerk.

C: Die regte operasie vir elke probleem

Jou gids tot die behandeling van rug- en nekpyn

Wat moet jy met watter pyn doen? En as jy 'n operasie nodig het, hoe weet jy wat moontlik gedoen kan word? Ons het 'n gids opgestel wat jou kan help om self te bepaal watter oplossings vir jou kan werk.

Volgens spesialiste kan rug- en nekprobleme in vier hoofgroepe opgedeel word:

Nek- of rugpyn sonder arm- of beenpyn

Nekpyn met gepaardgaande armpyn, rugpyn met gepaardgaande beenpyn

Rugpyn met blaasprobleme

Rugpyn weens 'n gebreekte werwel, gewas of siekte

1. Jy het nek- of rugpyn, maar geen pyn in jou arm of been nie

Is dit 'n nuwe pyn wat minder as vier weke duur?

Dan kan dit 'n spier wees wat saamgetrek het of geskeur is, of 'n geskeurde kraakbeenkussing.

Beproef die volgende:

Rus in die bed, maar nie langer as drie dae nie, want dan kan die pyn juis vererger van die lê.

Gebruik pynstillers soos parasetamol (bv. Panado) of 'n anti-infl ammatoriese middel soos ibuprofeen (bv. Brufen) of diklofenak (bv. Voltaren). Dit kan groot verligting bring. Jou dokter kan ook vir jou 'n pynstiller en spierverslapper inspuit as die pyn ondraaglik is.

Doen rugstrekke.

Slaap met 'n kussing tussen jou knieë en sit, loop en buk op die regte manier.

Besoek 'n fisioterapeut.

'n Chiropraktisyn kan ook help.

Die kans dat jy 'n operasie nodig het, is uiters skraal.

Is dit 'n nuwe pyn wat langer as vier weke duur?

Dit kan 'n geskeurde kussing wees wat teen jou rugmurg druk.

Besoek jou dokter. Hy sal jou na 'n spe sialis verwys.

Die kans dat jy 'n operasie nodig het, is minder as 10 persent.

Is dit 'n pyn wat weg was, maar terugkeer?

Dit dui gewoonlik op permanente skade wat veroorsaak is deur 'n geskeurde kraakbeenkussing of stresfaktuur wat nie gesond word nie.

Besoek jou dokter.

Die kans dat jy 'n operasie nodig het, is 50 persent.

Het jy dag en nag rug- of nekpyn?

Chroniese nek- of rugpyn is die gevolg van akute nek- of rugpyn wat nie korrek bestuur is nie.

Besoek jou dokter.

Die kans dat jy 'n operasie nodig gaan hê, is 50 persent.

As jy 'n operasie nodig het, sal dit moontlik een van die nuwer en minder ingrypende tegnieke wees. Dit sluit in die inplanting van silikoon- of tita niumstutte om werwels te spasieer, of die inplant van 'n nuwe titanium skyfie in die plek van die kraakbeen skyfie. Dit kan ook 'n fusie wees.

PROSEDURES

VAN MAKLIKSTE TOT MOEILIKSTE

GEMIDDELDE OUDERDOM VAN PASIËNTE

PROSEDURE TYD

HERSTEL TYD

SUKSES SYFER

TOTALE KOSTE

1. Inplant van WERWEL-SPASIEERDER (Interspineuse prostese) 'n Silikoon- of titaniumstut word in die agterkant van die ruggraat ingeplant om 'n geskeurde kraakbeenkussing te ondersteun.

30-55 jaar 1 uur 6 weke 70% R55 000

2. Vervang die geskeurde KRAAKBEENSKYFIE met 'n titaniumskyfie Die beskadigde skyf word verwyder en 'n nuwe metaalskyf word ingevoeg. Omdat die chirurgie deur die maag of nek gedoen word, kan opvolg-chirurgie baie riskant wees.

20-60 jaar Sowat 2 uur 4-6 weke 80% R80 000

3. SPINALE FUSIE Die saamheg van die werwels bo en onder die beskadigde kraakbeenkussing deur middel van skroewe en 'n beenoorplanting.

30-65 jaar 3-4 ure 6-12 weke 70% R80 000 - R100 000

2. Jy het nekpyn met gepaardgaande armpyn, of rugpyn met gepaardgaande beenpyn

Duur dié pyne korter as vier weke?,br> Dit is waarskynlik 'n geskeurde kraakbeenkussing wat teen 'n senuwee druk. Beproef bedrus vir minder as drie dae, pynstillers soos Panado, Brufen of Voltaren, strekoefeninge of fi sioterapie, of besoek 'n chiropraktisyn.

Maar as die pyn erg is of nie binne vier weke verbeter nie, moet jy beslis 'n dokter besoek. 'n Skandering is nodig om die moontlikheid van 'n papgedrukte kraakbeenskyf of verskuifde rugwerwel wat teen die senuwee druk, uit te skakel.

Ná die eerste episode van 'n geskeurde kraakbeenkussing is die kans op chirurgie 20 persent, ná die tweede episode is dit 50 persent en ná die derde episode is dit 67 persent.

As jy 'n operasie nodig het, sal dit waarskynlik wees om die deel van die kraakbeenkussing wat teen die senuwee druk, te verwyder. Dit staan bekend as 'n diskektomie. Verby is die dae toe 'n deel van die werwel weggesny is om by die kraakbeenkussing uit te kom.

PROSEDURE GEMIDDELDE OUDERDOM VAN PASIëNTE PROSEDURE TYD HERSTEL TYD SUKSES SYFER TOTALE KOSTE

4. DISKEKTOMIE

Die gedeelte van die kraakbeenkussing wat teen die senuwee druk, word verwyder.

30-60 jaar 1 uur 4 weke 85% R25 000

3. Jy het rugpyn en kan nie meer jou blaas goed beheer nie

Dit is 'n noodgeval en jy het noodchirurgie nodig, want iets druk teen jou rugmurg en tas die senuwees na jou blaas en geslagsdele aan. Dit kan 'n verskuifde rugwerwel, 'n gewas, 'n bloedklont of selfs infeksie in die rugmurg wees. Hoe dit ook al sy, die drukking moet onmiddellik verlig word, anders kan jou blaasfunksie permanent beskadig word. G'n mens wil graag 'n doek dra nie. Gelukkig is dit nie baie algemeen nie.

Die operasie wat gedoen sal word, is 'n laminektomie, waartydens die agterste gedeelte (die lamina) van die werwel ver wyder word om druk op die rugmurg te verlig.

PROSEDURE

GEMIDDELDE OUDERDOM VAN PASIëNTE

PROSEDURE TYD

HERSTEL TYD

SUKSES SYFER

TOTALE KOSTE

LAMINEKTOMIE 'n Deel van die rugwerwel word weggesny om druk op die rugmurg te verlig.

Ouer as 60

2 uur

6 weke

30-80%

R40 000

4. Jy het ondraaglike rugpyn

Die kans is groot dat dit deur 'n gebreekte werwel, 'n gewas, 'n bakteriële of tuberkuloseinfeksie of artritis veroorsaak word. Die kans dat jy chirurgie nodig het, is 70 persent. Kom vinnig by jou dokter uit as jy enige van die gevaartekens ervaar wat hier onder genoem word. Vinnige reaksie kan jou lewe red en verlamming voorkom.

ROOI VLAG: Die volgende tekens dui op dié gevaarlike soort rugpyn wat nooit geïgnoreer mag word nie:

As jy jonger as twintig of ouer as 65 is en skielik kwaai rugpyn ervaar, kan dit 'n gewas wees of 'n ander ernstige oorsaak hê. Akute rugpyn by tieners of bejaardes kan gewoonlik nie bloot aan gewone rugpyn toegeskryf word nie.

Pyn in die bo-rug: Pyn in die lae rug is baie algemeen, maar pyn in die boonste deel van die rug of borskasgedeelte is ongewoon.

Swakheid in die bene. As jy skielik nie kan loop, regop staan of trappe klim nie.

Rugpyn wat met 'n gevoel van siekte gepaardgaan (koors, gewigsverlies).

Rugpyn wat snags erger is.

Misvormdheid van die ruggraat, veral 'n boggelrug (kifose). Dit kan opgespoor word deur die persoon te vra om vooroor te buk en van die kant af na die rug te kyk.

Die operasie wat gedoen sal word, sal waarskynlik die inspuit van beensement in die beskadigde werwel of 'n fusie behels.

PROSEDURE GEMIDDELDE OUDERDOM VAN PASIëNTE PROSEDURE TYD HERSTEL TYD SUKSES SYFER TOTALE KOSTE

Die inspuit van BEENSEMENT (vertebro- en kifoplastiek)

Beensement word in gebreekte of beskadigde werwels ingespuit. Die harde sement verseël die breuke, verlig die pyn en skei werwels wat saamdruk van mekaar. Dit word gewoonlik vir ouer mense met osteoporose-frakture gebruik.

Ouer as 50 Minder as 1 uur 1 week 90% R25 000 - R50 000

SPINALE FUSIE

Die saamheg van die werwels bo en onder die beskadigde kraakbeenkussing deur middel van skroewe en 'n beenoorplanting.

30-65 jaar 3-4 ure 6-12 weke 70% R80 000-R100 000

D: Dekking deur mediese fondse Wie betaal?

Mediese fondse is dikwels traag om vir rugoperasies te betaal omdat dit so duur is en chirurgie in die meeste gevalle voorkom sou kon gewees het as die persoon betyds sy leefstyl aangepas het, nie oorgewig was nie en genoeg oefening gekry het.

Talle mediese fondse glo ook dat van die nuwer operasies en prosedures nog in 'n eksperimentele fase is en daar nie sekerheid oor die langtermyn-sukses is nie, kliniese bewyse onvoldoende is en dit nog nie internasionaal goedgekeur is nie.

Die meeste mediese fondse betaal wel vir 'n diskektomie, laminektomie en spinale fusie – die drie algemeenste soort rugoperasies. Vir die nuwer prosedures moet die dokter aan die fonds motiveer hoekom dit gedoen moet word.

Van die land se grootste mediese fondse, soos Discovery Health, sal vanjaar vir die inplant van titaniumskywe tussen die nekwerwels begin betaal nadat dit onlangs deur die FDA (Food and Drug Administration in Amerika) as aanvaarde behandeling goedgekeur is.

Mediese fondse betaal reeds sedert 2005 vir die inplanting van titaniumskywe in die lae rug.

E: Kies die regte Chirurg

'n Ortopedis, neurochirurg of spinale chirurg: Hoe kies jy?

Sowel neurochirurge as ortopediese chirurge word opgelei om rugoperasies uit te voer. Net neurochirurge word egter opgelei om operasies binne die rugmurgvlies te doen.

'n Ortopedis doen weer veral operasies wat verband hou met ruggraat- defekte en ander probleme met die bene van die rug en nek. 'n Neurochirurg en ortopedis sal in komplekse gevalle saamwerk. Spinale chirurge is opgelei vir albei terreine en kan dus vir been- en rugmurgprobleme opereer. Spinale chirurgie is besig om 'n spesialisgebied te word.

Kies die beste chirurg op grond van sy reputasie. Jou huisdokter sal jou goeie leiding kan gee. Moenie bang wees om vrae oor 'n chirurg se opleiding, ondervinding en die fokus van sy praktyk te vra nie – sommige is knie- of skouerchirurge, terwyl ander hulle weer op rug- of nekprobleme toespits.

Maak ook seker dat die chirurg al die moontlikhede aan jou verduidelik het, ook die operasies wat hy nie self uitvoer nie. Daar word te veel rugoperasies gedoen as gevolg van druk van die vervaardigers, dokters en pasiënte self. Kry dus altyd 'n tweede mening voor jy jou laat opereer.

F: Het jy 'n groot kans op rugprobleme?

Hoe jou gene jou 'n swak rug gee

Jou genetiese samestelling is verreweg die grootste faktor wat bepaal of jy rugprobleme gaan ontwikkel en dalk later 'n rugoperasie sal nodig hê. Dit bepaal hoe vinnig die kraakbeenskyfi es tussen jou werwelbene wegslyt. Dit is die jel in die kraakbeenskyfi e wat jou rug en nek buigsaam en beweeglik maak. As die skyfi e wegslyt, kan die jel uiteindelik heeltemal verdwyn.

In sommige families kan die slytasie al op 'n baie jong ouderdom begin. Die verswakte kraakbeenskyfi e of kussinkie kan dan verskuif en op die senuwee druk. (Dit word in Engels 'n slipped disc genoem.) Die drukking lei tot kwaai been- of armpyn, of selfs 'n lamheid in die been of arm.

Die redes vir ons rugprobleme

Ons is oorgewig en onaktief. Mense leef ook nou langer – daar is dus meer tyd vir slytasie en agteruitgang van alle gewrigte. Dit sluit rugwerwels in. Mense met artritis of osteoporose, asook rokers, ontwikkel makliker rugprobleme.

Maar dr. Gerrit Coetzee, 'n Kaapstadse neurochirurg, beaam dat rugprobleme grootliks in jou genetiese samestelling opgesluit lê. Dr. Pradeep Makan, 'n spinale chirurg van Kaapstad, sê rugprobleme het ontstaan die dag toe die mens op twee bene begin loop het. "Die mens is nie ontwerp om regop te loop of te sit nie. Tog bring baie mense ure sittend voor 'n rekenaar of in 'n motor of bus in spitsverkeer deur," sê hy.

Dit is dan ook 'n feit dat mense wat swaar fi sieke werk doen of bitter lang ure moet sit, soos vragmotorbestuurders wat ver afstande ry, 'n groter kans het om rugprobleme te ontwikkel.

Motorongelukke en sportbeserings (veral in rugby, perdry en bergfi etsry, en duikongelukke) is die grootste oorsake van nekbeserings. As enige van dié faktore vir jou geld, loop jy 'n groter gevaar as ander mense op ernstige rugprobleme op te doen.

G: Voorkom rugprobleme

Pas jou lewenstyl aan en voorkom vroegtydige slytasie van jou rugwerwels,/p>

Moenie swaar dinge optel en rond dra en stremmende fi sieke arbeid verrig wat ekstra druk op jou rug plaas as jy reeds rugprobleme het nie.

Doen oefening en bly fiks, maar doen dit op die regte manier sodat jy nie jou rug hol maak nie. As jy in 'n gimnasium oefen, moet jy konsentreer om met elke oefening jou rug styf teen die bankie of leuning te druk en jou maagspiere saam te trek. Sterk maagspiere is een van die beste teenvoeters vir rugpyn.

Verloor gewig as jy oorgewig is. Die las op jou rug versnel die slytasie.

As jy osteoporose het, maak seker dat jy kalsium en ander medisyne neem om jou bene weer sterk te maak. Alle mense moet van hul tienerjare seker maak dat hulle genoeg kalsium inkry. Baie Suid-Afrikaners skiet hier ver tekort.

Mense met artritis moet ekstra voorsorg tref om hul maagspiere sterk te maak en reg te buk – deur hul knieë te buig en nie hul rug nie.

Strek jou rugspiere elke dag. Kyk na die strekoefeninge op bl. 57. Daar is nog voorbeelde op www.health24. com. Of vra 'n fi sioterapeut, biokinetikus of jou gim-instrukteur om jou te wys presies hoe om strekoefeninge te doen.

Buig jou knieë wanneer jy iets optel. Moet nooit vooroor buig om dit te doen nie. Hou jou rug reguit, buig jou knieë en sak neer op jou agterste knie. Plaas jou gewig op jou voete wanneer jy weer regop kom en hou jou rug reguit. 'n Volwassene behoort niks op te lig wat swaarder as 10 kg is nie.

Dra 'n swaar voorwerp altyd teen die lyf tussen die heupe en skouers.

Moet nooit jou arms bo skouerhoogte lig wanneer jy na iets toe strek nie. Staan eerder op 'n klein bankie en bêre goed wat jy gereeld gebruik op rakke tussen heupen skouerhoogte.

Gebruik jou beenspiere eerder as jou rugspiere wanneer jy iets stoot. Moenie die rug vooroor buig as jy iets stoot nie en moenie dit agteroor buig as jy iets trek nie. Staan eerder met die rug reguit, knieë gebuig en met een voet voor die ander vir 'n stewige vastrap.

Slaap reg: Moenie op jou maag slaap nie. Dit veroorsaak dat die lae rug te veel agteroor buig. Plaas 'n kussing onder jou knieë wanneer jy op jou rug lê en tussen jou knieë as jy op jou sy slaap. Slaap op 'n ferm matras. Plaas 'n stewige plank onder die matras as dit nodig is.

Staan reg op: Sit eers regop wanneer jy soggens wakker word en beweeg dan jou lyf en bene gelyk na die kant van die bed. Staan uit dié sittende posisie op terwyl jy jou rug reguit hou.

Staan en loop reg: Trek jou skouers terug, hou jou kop regop en kom in die gewoonte om jou maag in te trek wanneer jy regop staan.

As jy motor bestuur: Ondersteun die onderste helfte van jou rug met 'n klein kussing terwyl jy bestuur. Sit so ver moontlik terug op die sitplek en maak seker jy het genoeg truspieëltjies.

Klim so in jou motor: Gaan sit met jou bene na buite gedraai, lig jou voete en draai jou hele lyf gelyk na binne. Gebruik die hand naaste aan die veiligheidsgordel om dit vas te maak sodat jy nie jou rug onnodig verwring nie.

Click here for more on back pain.