Maar nie hierdie wenke nie. Popsugar het ’n klompie vreemde en aanloklike aanbevelings uitgedink – jy kan moontlik selfs uitsien daarna om hulle te beproef.

Hulle beveel byvoorbeeld aan dat jy heel eerste soggens jou bederfhappie van die dag inkry, want dan kry jy die lus daarvoor uit jou gestel.

Daar is voorheen ’n studie gemaak van mense wat gewig verloor het deur ’n dieet te volg. Daar is bevind diegene wat ’n groot ontbyt geëet het wat ’n soet bederfie insluit, se gewig het afgebly. In teenstelling hiermee was diegene wat nie vroegoggend suiker ingeneem het nie, geneig om in te gee en later te peusel.

Dit hoef nie ’n ongesonde soet bederf te wees nie; hoekom nie ’n laevet-bloubessiekolwyntjie of pap met konfyt of esdoringstroop kies nie? Esdoringstroop het meer voordele as wat jy dalk besef: 54 antioksidante en hoë vlakke van sink en mangaan wat goed is vir jou hart en jou immuniteitstelsel. Nog ’n wenk van die webtuiste: Sny jy jou kos fyn voor jy dit eet. Ignoreer die gevoel van ongemak as jy elke stukkie kos op jou bord in die openbaar fynsny. Dit verseker jy verbeel jou die porsie is groter.

'Porsiebeheer is die sleutel tot gewigsverlies.'

Porsiebeheer is die sleutel tot gewigsverlies. Die regte hoeveelheid kos op jou bord sal al baie help.

Baie mense verwar dors met honger en in plaas van ’n glas water af te sluk, kou hulle aan iets om hulle versadig te laat voel. Niks is verfrissender as ’n koue drankie nie, maar daar is bevind dat warm water eintlik heilsamer is as jy kilogramme wil afskud. ’n Glas warm water voor elke ete laat jou trouens gouer versadig voel. Daar word beweer dat die warmer water beter help teen ontwatering; dus sal jy sal nie die fout begaan om te dink jy is dood van die honger nie.

Hoewel die laaste stukkie raad dalk moeilik is om te glo, kan ons jou verseker dat dit nie uit die duim gesuig is nie. Baie dieetkundiges besing die feit dat jy meer dikwels deur die dag moet eet om gewig te verloor en die gewigsverlies te behou. As jy dikwels aan gesonde kos peusel, bly jou metabolisme aan die gang, honger word afgeweer en jou bloedsuiker bly onder beheer. Op die ou end eet jy minder.

Maar wat jy eet, is die belangrikste; jy kan mos nie heeldag koekies verorber en dan goeie resultate verwag nie. Om te verseker dat hierdie metode werk moet jy net kos eet wat ryk is aan proteïene en vesel en wat min kilojoules en verfynde koolhidrate bevat.

© Cover Media