Wil jy kilogramme afskud én jou sekslewe opkikker? Eet druiwe. Nee, jou oë bedrieg jou nie. Dit is so eenvoudig soos dit.

Die jongste gesondheidsnavorsing oor vrugte noem die eenvoudige druif as ’n held in jou dieet – sowel as in die slaapkamer. Dit is te danke aan die flavonoïde wat daarin voorkom.

Flavonoïde is natuurlike samestellings wat aan baie vrugte- en groentesoorte hul helder kleure, sowel as hul geure, gee. Hulle is voorheen opgehef vir hul vermoë om die risiko vir siektes, soos hartsiektes en kanker, te verlaag.

Donker sjokolade en wyn, wat propvol flavonoïde is, het die koppe laat draai as gevolg van hul assosiasie met goeie hartgesondheid. Nou beweer navorsing dat ’n handvol druiwe ook nog hope ander voordele kan inhou wat die liggaam ’n hupstoot kan gee.

Lees ook: Vroue wat min slaap is meer geneig tot Tipe 2-diabetes

Navorsers van die Harvard School of Public Health en die universiteit van East Anglia het 124,000 mense oral in die VSA oor 24 jaar bestudeer. Wetenskaplikes kon in daardie tydperk ’n toename in gewig aanteken.

Daar is bevind dat mans elke vier jaar ’n gemiddeld van 1 kg swaarder word en vroue 2,2 kg. Toe daar gekyk is na die diëte wat die deelnemers gevolg het, was diegene wat die meeste flavoïenryke voedsel ingekry het, geneig om ’n gesonde gewig te handhaaf, of hulle het selfs ’n geringe mate van gewigsverlies getoon.

Druiwe, bloubessies, aarbeie, kersies, brame, radyse en swartbessies uit die flavonoïdegroep antosianiene het die meeste voordeel ingehou. Resultate vir mense wat antosianiene geëet het, het dieselfde gebly, selfs wanneer die span met ander leefstylfaktore, soos byvoorbeeld oefening en dieet, gepeuter het.

"Dit dui daarop dat daar iets spesifieks aan flavoïne is,” het die skrywer, Aedin Cassidy, professor in voeding by die Norwich- Mediese Skool van die universiteit van East Anglia, te kenne gegee.

Lees ook: Nuwe navorsing toon dagdroom kan lei tot vetsug

"Dit is beslis nie die jongste dieetfoefie nie, trouens, dit gaan oor die handhawing van jou gewig. Teen die middeljare is mense geneig om gewig aan te sit – dit is nou eenmaal ’n feit van die lewe.”

Vroeër vandeesmaand is daar ook in ’n afsonderlike studie, wat deur twee opvoedkundige instellings uitgevoer is, bevind dat middeljarige mans wat voedsel met baie flavoïene bevat, geëet het, ’n kleiner kans gestaan het om erektiele disfunksie te ontwikkel.

© Cover Media