Die mikrobioom, ’n bakteriële bevolking wat binne-in ons liggaam en op ons veloppervlak voorkom, speel ’n groot rol in ons algehele toestand en kan byvoorbeeld angs, asma en vetsug veroorsaak. Spysvertering en absorpsie word ook deur die mikrobioom beïnvloed; dus moet ons dit goed onderhou.

Hier is ’n paar kossoorte waaraan jy kan smul om jou ingewande so gesond moontlik te hou.

Suurkool (sauerkraut)

Gegiste kool klink dalk nie na die smaaklikste bestanddeel nie, maar die voordele is uitstekend. Dit verskaf probiotiese bakterieë aan die spysverteringskanaal. Jy kan dit ook by ’n groot groep smaaklike geregte inwerk. Maak net seker jy koop dit vars pleks van bevrore of geblik, want die goeie bakterieë verdwyn wanneer dit gevries of geblik word. Voeg dit by onder meer quesadillas, tamatiesous of by ’n roerbraai.

Lemoene

Ons weet almal hoe lekker lemoene is, en dit pas by alles, van ’n vrugteslaai tot ’n hoendergereg. Daar is ’n oplosbare vesel in die vrugte wat ons ingewande gefermenteer en die vetsuur butiraat vorm. Dit bou op en versterk die selle in die voering van ons spysverteringskanaal, wat die kos makliker laat verteer.

Botter

Ons weet ons moet matigheid voor oë hou, en botter is ’n natuurlike bron van butiraat. Moet dus nie skuldig voel as jy af en toe die olie vir botter verruil wanneer jy kook nie. Hou ook indien moontlik by ’n produk wat afkomstig is van koeie wat gras gevoer is, want dit is nog voordeliger danksy die diere se plantdieet.

Knoffel

Dit hou vampiere op ’n afstand, maar dit tree ook op as ’n probiotika wat ons ingewande gesond hou. Voeg ’n bietjie by bredies, pastageregte of kikker jou kaasbroodjie daarmee op.

As jy ’n paar van hierdie kosse deel van jou dieet maak, kan jy jou liggaam beïnvloed en beter eet vir jou spysverteringskanaal. In ’n studie waarvan die uitslag onlangs in die vaktydskrif BioEssays gepubliseer is, is bevind dat mikrobiome dieetbegeertes kan manipuleer deur molekule vry te stel wat ’n spesifieke stelsel kan beïnvloed of ’n uitwerking op ons brein kan hê deur die vagus, ’n senuwee wat aan die maag verbind is.

© Cover Media