• Braai vis of hoender eerder as lamtjops: ’n 200 g-lamtjop bevat meer as 2 600 kJ, terwyl dieselfde hoeveelheid hoender net 1 632 kJ bevat. ’n 200 g-stuk stokvis bevat 577 kJ.
  • Aartappelslaai is ’n braai-gunsteling, maar hierdie bygereg is gelaai met koolhidrate en dis propvol kilojoules: ’n 100 g-porsie bevat sowat 550 kJ. Dieselfde hoeveelheid tunaslaai bevat net 63 kJ.
  • Eet twee snye knoffelbrood en jy voeg ’n ekstra 800 kJ by jou maaltyd. ’n Mielie bevat net 534 kJ.