. Vervang dit eerder met hierdie gesonde happies:

  • Wil jy iets krakerig hê om aan te kou? Eet ’n paar babawortels: 50 g skyfies bevat meer as 1 000 kJ, terwyl dieselfde hoeveelheid babawortels net 73 kJ het. Doop die wortels in hummus vir ’n watertand happie.
  • Bearbei jou sjokoladelus deur eerder donkersjokolade as melksjokolade te kies. Donkersjokolade bevat nie net minder kilojoules nie, dit het ook antioksidante.
  • Eet versnaperinge met proteïen eerder as net koolhidrate; dit sal jou langer versadig hou en help om jou kilojoule-inname te beperk. Laevetjogurt is ’n maklike en smaaklike manier om meer proteïen in jou dieet te kry.

BRON: cookinglight.com