Avokado’s is nie net heerlik nie, dit kan ook die ideale plaasvervanger vir die ongesonde bestanddele in jou gunsteling-kosse wees.

  • Verruil twee eetlepels gewone mayonnaise in ’n tunamengsel met 30 g avokado en jy verminder die totale vetinhoud met meer as die helfte. Boonop verhoog jy ook die voedingswaarde van jou maaltyd.
  • Smeer avokado op jou kraakbeskuitjies. ’n Vuurhoutjiegrootte stukkie cheddarkaas bevat 10 g vet en sowat 186 mg sout, terwyl dieselfde hoeveelheid avokado 4,5 g vet en net 2,1 mg sout bevat.
  • Verwyder die suurroom uit avokado-guacamole en jy verminder die totale versadigde vetinhoud van 19 g na net 2 g per 100 g.

BRON: Suid-Afrikaanse Vereniging vir Avokado-kwekers.