Pasop vir die kalorieë wat in jou geliefkoosde smere en souse wegkruip:

  • Vervang mayonnaise met avokado of guacamole wanneer jy ’n toebroodjie maak.
  • Lees die voedingsinligting op slaaisouse voor jy dit koop. Romerige slaaisouse is propvol kalorieë. Sprinkel eerder olyfolie en balsemieke asyn oor jou slaai.
  • Vervang die botter of margarien op jou roosterbrood met hummus. Dit bevat baie vesel en proe heerlik.

BRONNE: menshealth.co.uk, fitday.com