Kies ’n gesonder, vullender middagete

Eet: Geroosterde hoender en avokado op volkoringbrood.

Nie: Geroosterde hoender en mayonnaise op witbrood.

Avokado’s is propvol gesonde vitamienes en minerale, asook plant-sterole wat cholesterol verlaag. Deur avokado op jou toebroodjie te sit, verseker jy ook dat jy langer versadig sal bly. Voeg daarby volkoringbrood (dit sorg vir ekstra vesel), wat 30 persent meer proteïen as witbrood bevat, en jy het ’n gebalanseerde, vullende middagete.

Bron: womansday.com