Wetenskaplikes by Harvard se T.H. Chan School of Public Health het 51 verskillende soorte gegeurde e-sigarette, insluitend 'n spookasem-opsie, ondersoek wat onder bekende handelsmerke verkoop word.

"Hul lugweë het ontsteek geraak en letsels gekry wat tot 'n droë hoes en erge kortasemrigheid gelei het"

Elkeen is getoets vir die chemikalieë diasetiel, asetoïne en 2,3-pentaandioon, wat as ‘'n hoë prioriteit’ beskou word, aangesien hulle 'n risiko vir asemhalingsprobleme is.

Diasetiel is voorheen gekoppel aan die siekte bronchiolitis obliterans, sedert 2000 bekend as ‘springmielie-long’ nadat fabriekswerkers 'n kunsmatige bottergeur ingeasem het en dit tot 'n gesondheidskomplikasie gelei het. Hul lugweë het ontsteek geraak en letsels gekry wat tot 'n droë hoes en erge kortasemrigheid gelei het. Asetoïne is ook op daardie dag in die lug bespeur, terwyl 2,3-pentaandioon dikwels as plaasvervanger vir albei die ander middels gebruik word. Nadat die navorsers die e-sigarette in 'n kamer gesit en die damp ontleed het, het hulle gevind dat altesame 47 van die 51 sigarette ten minste een van die chemikalieë bevat. 46 lekkergoedgeure het asetoïne bevat, 39 het spore van diasetiel bevat en 23 het 2,3-pentaandioon in hulle gehad.

"Daar is nog baie dinge wat ons nie van e-sigarette weet nie"

Joseph Allen het die studie gelei en hy het verklaar dat chemikalieë ook in alkohol- en vrugtegeure, sowel as in botter-springmielies, gevind is.

"Ongeveer 92 persent van die gegeurde e-sigarette wat ons getoets het, het een van drie geurchemikalieë waarvoor ons ontledings gedoen het, gehad. Al hierdie produkte is aanlyn te koop,” het hy verduidelik.

"Nikotien is die bestanddeel in e-sigarette waaroor die meeste  kommer rakende gesondheidskwessies bestaan, maar daar is nog baie dinge wat ons nie van e-sigarette weet nie,” het David Christiani, medeskrywer van die studie, bygevoeg.

"Benewens die wisselende vlakke van die verslawende stof nikiotien, bevat hulle ook kankerwekkende chemikalieë, soos byvoorbeeld formaldehiede, en, soos ons studie aantoon, geurchemikalieë wat skadelik kan wees vir die longe.”

Die resultate is in die tydskrif Environmental Health Perspectives gepubliseer.

© Cover Media