Volgens ’n voorste Britse sielkundige behoort e-poskommunikasie met mense in dieselfde gebou verbied te word.
“Mense dink as hulle hul e-posse gelees het, het hulle ’n dag se werk gedoen,” het hy aan MailOnline verduidelik.

Sir Cary Cooper, ’n professor, sou mense ook wou verhoed om saans en naweke by die huis na hul inboks te kyk en sê dis “siek” om e-posse in jou vakansie na te gaan.

Jy dink dalk dit is produktief om op die hoogte van jou korrespondensie te bly, maar Cary meen dit is misleidend.

“Mense dink as hulle hul e-posse gelees het, het hulle ’n dag se werk gedoen,” het hy aan MailOnline verduidelik.

Hy meen werkers ly aan “voorstel-isme”, waar hulle met kollegas kommunikeer maar nie regtig iets bereik nie. In die ontwikkelde wêreld werk Britte die langste ure, maar het ook die laagste produktiwitet in die G7-lande.

“Ons het tegnologie amper te veel omarm. E-posse skaad ons. Ons beheer dit nie; dit beheer ons,” het hy sugtend gesê.

“Mense sê aan die einde van die dag hulle het deur hul e-posse gekom, maar dit is nie werk nie. Mense behoort verbied te word om in dieselfde gebou aan mekaar e-posse te stuur.

“Hulle moet ontmoedig word om ná werk hul e-posse na te gaan wanneer hulle tyd saam met hul gesin moet deurbring en verfris werk toe teruggaan.”

Die sielkundige meen moderne tegnologie verleng die werkweek en verminder gesinstyd. “Pleks van dinge vir jou makliker maak, skep tegnologie meer stres,” het hy bygevoeg.

Wanneer jy weer jou inboks leegmaak, moet jy dalk ’n oomblik nadink wat jy werklik daardie dag bereik het. Stel ’n doenlys op as jy vind dit help, want dit kan baie bevredigend wees om take fisies af te merk.

© Cover Media