Selfs al weet jy diep in jou binneste jou foon sou ‘n geluid maak indien daar wel ‘n boodskap deurgekom het?

Daar word gereken dat ‘n gemiddelde persoon tot soveel as 150 keer ’n dag na hul fone kyk. ’n Vierde van slimfoongebruikers erken boonop hulle is verslaaf aan hulle toestelle.

Nuwe navorsing deur wetenskaplikes van Baylor Universiteit in die Amerikaanse deelstaat Texas, het bevind dat oormatige selfoongebruik moontlik ’n teken van depressie of emosionele onstabiliteit by die gebruiker kan wees. Die navorsing het voorts bevind dat mense wat nie hulle fone kan neersit nie, meer geneig is om temperamenteel en buierig te wees. Omdat selfone té veel van ‘n afleiding is, sukkel selfoonverslaafdes boonop om op selfs net een ander taak te konsentreer.

Oormatige selfoongebruik kan verder ook lei tot ’n gevoel van alleenheid en isolasie, skaamheid en versteurde slaappatrone.

Wetenskaplikes is van mening dat mense wat só gereeld na hul fone kyk, ’n poging is om hul emosioneel beter te laat voel. Vermoedelik verskaf dit afleiding van hoe hulle eintlik voel, en dat mense as’t ware ‘verlore’ raak tussen boodskappe, e-posse en sosiale media. Só vergeet hulle makliker van hul eie probleme.

Interessant genoeg het dieselfde studie bevind dat oormatige selfoongebruik eerder onder ekstroverte voorkom.

Diegene wat deel uitgemaak het van die selfoongebruiker-studie het gemiddeld vir 95 minute van ’n dag sms’e gestuur, 49 minute lank e-posse getik en 39 minute op Facebook spandeer.

Oormatige selfoongebruik kan verder ook lei tot ’n gevoel van alleenheid en isolasie, skaamheid en versteurde slaappatrone.

BRONNE: DAILYMAIL; HUFFINGTONPOST