Met Kersfees om die draai, gaan dit ál moeiliker raak om drank te vermy. Van ’n glasie vonkelwyn by die werk tot ’n oorvloed van wyn by fees-etes, is dit skynbaar nou die tyd om uitgelate te raak.

Maar kenners is bekommerd oor vroulike drinkers, aangesien dit blyk Amerikaanse vroue haal mans in wat die verbruik van alkohol betref.

“Mans sluk steeds meer alkohol, maar die verskil tussen mans en vroue is aan die kwyn,” merk dr. Aaron White van die Nasionale Instituut vir Alkoholmisbruik en Alkoholisme op.

Ná studies rakende die getal drinkdae per maand en bestuur onder die invloed van alkohol, beskou navorsers hierdie verskynsel as “kommerwekkend”. Data uit jaarlikse nasionale opnames in Amerika oor die afgelope 10 jaar is bestudeer. Wetenskaplikes het ook bevind die persentasie vroue wat alkohol in die voorafgaande 30 dae gedrink het, het van 44,9 persent tot 48,3 persent gestyg. By mans het dit van 57,4 persent tot 56,1 persent gedaal. By vroue het die gemiddelde aantal drinkdae per maand ook gestyg van 6,8 tot 7,3 en die daling by mans was van 9,9 tot 9,5.

"Moenie verplig voel om ’n rede te verskaf nie"

Alkohol se skakel met gesondheidsprobleme, soos kardiovaskulêre siektes en lewerprobleme, maak dit belangrik om jou drankverbruik te reguleer. Maar hoe kan jy dit hierdie tyd van die jaar systap?

Indien dit voel asof kollegas of familie en vriende druk op jou uitoefen, beplan ? strategie vir die dae dat jy sober wil deurbring. Moenie verplig voel om ’n rede te verskaf nie. As dit dalk makliker is, kan jy sê jy drink antibiotikum, maar om net ferm te bly, behoort voldoende te wees.

Jy hoef ook nie te onthul dat jy nie drink nie. Maak bloot seker jy kry jou eie drankies by die kroeg en gee voor jy drink ? wodka-en-limonadedrankie as jy so voel. Of as jy net wil besnoei, drink ’n glas water ná elke alkoholiese drankie.

© Cover Media