Die meeste mense verkies om dit te gebruik as hulle kook, maar nou word jy ook aangesê om dit soggens en saans in eetlepelformaat te drink.

Volgens Popsugar is daar heelwat gesondheidsvoordele hieraan verbonde.

Dit beveg borskanker:

In studies is onlangs bevind vroue wat ’n Mediterreense dieet, aangevul met ekstra suiwer olyfolie, volg, het ’n relatief laer risiko op borskanker vergeleke met vroue wat ’n Mediterreense dieet, aangevul met gemengde neute, of ’n laevetdieet, volg. Die artikel het in die tydskrif JAMA Internal Medicine verskyn en daar is ook gevind ’n Mediterreens-gegronde dieet werk die verouderingsproses teen.

Dit verlaag die risiko op hartsiektes:

Veelvuldige navorsingstukke bevestig die feit dat die drink van olyfolie jou teen hartsiektes kan beskerm. Dit is te danke aan die mono-onversadigde vette wat in olyfolie gevind word. Die Amerikaanse Voedsel- en Medisyneraad laat vervaardigers toe om hierdie gesondheidsaanspraak op olyfolie-etikette aan te bring en hulle beveel aan dat mense twee of drie eetlepels olyfolie per dag drink om die hart te beskerm. Jy behoort olyfolie pleks van versadigde vette in jou dieet te gebruik, eerder as om dit bloot by jou huidige kilojoule-inname te voeg.

Dit moedig gewigsverlies aan:

Dieselfde goeie vette wat hier genoem is, help ook met gewigsverlies. Die mono-onversadigde vette help die liggaam om versadig te voel. Dit teiken ook maagvet – iets waaroor die meeste mense sal juig.

Help met spysvertering:

Olyfolie word ook wyd as homeopatiese medisyne gebruik om die spysverteringstelsel te help om die simptome van hardlywigheid te verlig. Die rede hiervoor is dat dit as ’n soort smeermiddel in die dikderm kan optree om dinge aan die beweeg te hou.

© Cover Media