1. ’n Drankie sal jou help slaap

Onwaar. Al help dit jou insluimer, lei alkohol tot versteurde, rustelose slaap. Dit kan jou ook vroeër laat wakker word.

2. Kassietyd sal jou help ontspan

Onwaar. Dis maklik om voor die TV aan die slaap te raak, maar die lig en geraas kan steeds jou brein besig hou en vlakke van die slaaphormoon melatonien in jou brein verminder. Kies liewer ontspannende musiek.

3. Oefening help jou slaap

Waar. Aktiewe mense sal weet gereelde oefening verbeter die gehalte van slaap. Maar moenie te laat oefening doen nie. Strawwe oefening kan jou wakkerder maak.

Bron: webmd.com