1. Jy eet te min

As jy te min eet berg jou liggaam vet.

Oplossing: Eet liewer ’n laevet-, hoëvesel-dieet wat sowat 500 kJ minder as jou gewone dieet bevat sodat jy nie honger ly nie, maar steeds gewig verloor.

2. Medikasie

Sekere medikasies soos die voorbehoedpil of antidepressante kan ’n  gewigstoename veroorsaak of verhoed dat jy gewig verloor.

Oplossing: Bespreek dit met die dokter wat die medikasie voorgeskryf het. Die medikasie of dosis kan dalk verander word.

3. Depressie

Depressie veroorsaak dat jy vet word, nie net weens die medikasie wat jy daarvoor gebruik nie, maar ook omdat jy dalk nie lus is om versigtig te eet wanneer jy terneergedruk voel nie.

Oplossing: Gesels met ’n kliniese sielkundige en/of dokter wat alternatiewe kan voorstel.

Bron: health24.com