Help bestuur jou asma deur dié snellers te vermy:

Diere se dooie vel

• Moenie ’n troeteldier aanhou nie of maak seker die dier bly uit die asmalyer se kamer.

• Verseël of bedek lugpype wat na die asmalyer se kamer lei.

• Kry lugfilters.

Stofmiete in die huis

• Bedek die matras en kussings met ’n ondeurdringbare oortreksel.

• Was beddegoed een keer per week in kookwater.

• Verminder binnemuurse vogtigheid na minder as 50 persent.

• Verwyder matte.

• Kies hout eerder as gestoffeerde meubels.

Kakkerlakke

• Hou die huis skoon! Moenie enige krummels laat rondlê nie.

• Gebruik gifstrikke om kakkerlakke te beheer.

Bron: Allergy SA