Dr. Peter Schnohr en sy span het 5048 mense oor 12 jaar bestudeer. Deelnemers wat gedraf het, het oor die algemeen ’n laer voorkoms van diabetes en bloeddruk gehad.

Maar navorsers het bevind dié wat die langste leef, draf sowat een tot twee uur 20 minute per week oor drie dae.

“Die U-vormige verband tussen draf en sterftesyfer dui dat daar ’n drempel vir die hoeveelheid oefening is wat goed is vir jou,” het Peter genoem. “As jou doel is om die kans op voortydige dood te verminder, is ’n drafsessie ’n paar keer per week teen ’n matige spoed ’n goeie strategie.

“Enigiets meer is net onnodig en kan selfs skade doen.”

Bronne: medicalnewstoday.com, Times LIVE