Wel, jy is beslis nie alleen nie. Spanning, angs, kommer en ’n swak dieet kan tot slapeloosheid lei.

Dis nie net ongerieflik nie; erge slapeloosheid, waar jy minder as vyf uur per nag slaap, kan jou gesondheid knou.

Maar voor jy afsit dokter toe, laataand joga doen of kruietee drink, probeer eers ’n eenvoudige lepeltoets om te bepaal hoe ernstig die probleem is.

Nathaniel Kleitman van die Universiteit van Chicago het hierdie toets ontwikkel. Talle mense gebruik dit sedertdien om te bepaal hoe erg hul slapeloosheid is. Die toets is op suiwer wetenskap gegrond, se hy.

Lees ook: Waarom is agt ure se slaap so belangrik vir jou?

Die lepeltoets

Al wat jy nodig het, is ’n lepel en ’n staalbak. Lê in die dag (verkieslik vroegmiddag) in ’n stil, donkerige kamer op ’n gemaklike bed.

Hou die lepel in jou een hand vas en laat dit teen die kant van die bed hang.

Plaas die staalbak op die vloer, onder die lepel.

Kyk hoe laat dit is en maak jou oë toe.

Die vraag is: Raak jy aan die slaap, en indien wel, hoe gou nadat jy jou oë toegemaak het?

Klang!

Wanneer jy aan die slaap raak, sal die lepel uit jou hand uit val en hard in die bak daaronder val. Jy sal wakker word.

Kyk dadelik hoe laat dit is en hoeveel tyd verloop het.

Lees ook: Raad as jy sukkel om te slaap

Die resultaat

Volgens die toets ly jy aan erge slapeloosheid as jy binne vyf minute aan die slaap geraak het.

As jy binne 10 minute ingesluimer het, is dit ’n aanduiding dat jy wel sukkel om ’n goeie nagrus te kry.

Enigiets langer as 15 minute beteken alles is in die haak met jou slaappatrone.

Doen hierdie maklike toets om te bepaal hoe moeg jy regtig is. Wanneer jy dit weet, kan jy dadelik begin planne maak om snags vinniger in droomland te kom.

Bronne: mirror.co.uk