“Daar word nie veel in die openbaar gepraat oor hierdie paadjie nie, aangesien baie vroue hierdie elite atlete as bonatuurlike vroue met super fikse lywe beskou, en soms kan hulle nie aansluiting vind by hulle nie,” het die Amerikaanse atleet, wat ook haar visier op die Olimpiese Spele het, onthul. Die langafstandatleet het egter nie toegelaat dat hierdie vooroordeel haar verhoed om met ’n gesin te begin nie. Trouens, die atleet, wat nou die ma van twee seuntjies,van onderskeidelik 21 maande en 6 maande oud , is, gebruik nou haar na-swangerskap-lyf om nuwe ma’s van reg oor die wêreld te inspireer. En die mense moedig haar aan.

Stephanie, wat meer as 26 000 Instagram-volgelinge het, het die hutsmerk #journeywithsteph begin, ten einde haar reis as atleet, en terselfdertyd as ma met twee klein kindertjies, te deel. Sy was, benewens die plasing van foto’s van haar na-baba-hangmagie, brutaal eerlik oor “die maande van te min slaap, ure se oefening, mastitis-aanvalle, en blaas-probleme.” Lees verder: Hierdie ma se brutaal eerlike swangerskap-verduidelikings gaan jou laat skater

"Ek is tot ’n mate selfbewus,” erken die atleet op Instagram. “Maar jy gaan nog steeds sien hoe ek my maag in my sportbra en hardloopuitrusting skud wanneer my liggaam gereed is. Daar lê baie werk voor om hierdie maagspiere weer reg te kry en midrif-spiere ter herbou.” Lees verder: Hierdie vrou is ongelooflik fiks – en sy is 36 weke swanger.

Hoewel sy reeds 5 jaar lank professioneel hardloop, onthul Stephanie dat “om terug te kom ná ’n baba, voel asof jy van nuuts af begin.” Lees verder: Jy gaan nie hierdie model se swangerskap-maagspiere glo nie!
“Elke oefening- en herstelsessie om terug te bons, sal van hierdie beginpunt afstam: jou rug in ’n rusposisie, met jou bekken in die regte posisie. Dit gaan tyd en geduld kos, maar dit gaan die gesweet werd wees #journeywithsteph” "Dit lyk steeds na ’n allemintige gemors, maar die stabiliteit en krag is besig om terug te kom in my kern,” het sy op Instagram geskryf.
“As ek afkyk, sien ek rekmerke wat gaan bly, buikspiere wat volgehoue versterking nodig het, sterk bene en voete wat gereed is om die wêreld oor te neem.”
Stephanie berei haar tans voor op die Olimpiese Spele in Rio en sy hoop om vir die 10 000 m-resies te kwalifiseer as deel van Team USA.
Stephanie is gelukkig om die liefdevolle ondersteuning van haar man, Ben, wat ook ’n professionele atleet is, te geniet.

Bronne: Instagram.com, Self.com