Voor jy op hol raak, neem eers kennis van hiervan:

1. Mense kry dit deur muskiete Dis bekend dat hierdie insekte siektes oordra; die Zikavirus is een van hulle. Maar dis net die Aedes-muskietspesie wat dit oordra. Dis dieselfde spesie wat vir mense denguekoors kan gee wat siekte en dood in tropiese gebiede kan veroorsaak. Terwyl baie muskiete snags uitkom, is hierdie soort bedags aktiewer en hul byt aggressiewer. 2. Dit kan deur bloed of seksuele aanraking oorgedra word Terwyl die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming nie ’n waarskuwing hieroor uitgereik het nie omdat die bewyse taamlik beperk is, is ’n paar gevalle wel al aangeteken. Dit toon Zika is al deur ’n bloedoortapping oorgedra en ook al in semen gevind, selfs nadat dit nie meer in die besmette mens se bloedstroom is nie. Voeg ’n ekstra versperring by deur ’n kondoom te gebruik as jy skrikkerig voel.

3. Swanger vroue moet versigtig wees Zika word ook met ernstige geboorteafwykings vereenselwig, want die virus kan van die ma na ’n fetus oorgedra word en selfs na ’n pasgebore baba, al is dit seldsamer. “Die groot bekommernis met die Zikavirus en swangerskap is moontlik ’n verband met die toestand mikrosefalie,” sê dr. Niket Sonpal, mede kliniese professor aan die Touro mediese kollege in New York, volgens shape.com. “Met die toestand is die baba se kop veel kleiner as verwag, wat tot vele neurologiese probleme kan lei.” 4. Dit versprei vinnig Tot 2007 was daar net ’n paar gevalle van die Zikavirus by mense. Maar nege jaar later blyk dit die siekte versprei ooswaarts. Dit raak die Karibiese streek en Suid- en Sentraal-Amerika, en word nou as ’n pandemie beskou. Dit het selfs al tot ’n reisverbod gelei.

5. Maar dit is dalk nie ernstig nie Die ernstige simptome van Zika is uiters seldsaam onder vroue wat nie swanger is nie, volgens die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming. Die algemener simptome is gewrigspyn, ’n uitslag, koors en konjunktivitis wat van ’n paar dae tot ’n week duur. Net een uit vyf mense wat die siekte opdoen, ly regtig. Niket deel die volgende wenke vir herstel: “Vir mense wat wel siek word, is die siekte gewoonlik matig en selfbeperkend. Rus, voldoende vloeistof-inname en tyd sal dit laat genees,” sê hy. “As jy nie ná ’n paar dae beter is nie, besoek dadelik ’n dokter.”

© Cover Media

Lees ook:

Gesondheidsamptenare na Mosselbaai gestuur ná uitbreking van minder skadelike soort breinvliesontsteking

Ingewandskoors versprei na Kaap – drie gevalle aangemeld