Vir die meeste van ons gebeur dit daagliks, en ’n gependel en toenemende werklading dwing ons om ál vroeër op kantoor te wees.

Maar nou beweer ’n nuwe studie wat ons al jare lank voorhou: Werk ontneem ons van potensiële slaap en later begin werk of buigbare werkure kan ’n positiewe uitwerking hê.

Amerikaanse werkers se slaappatrone en werkgewoontes in ontleed met die hulp van 124 517 American Time Use-opnames tussen 2003 en 2011. Vir elke uur wat hulle later begin werk, kon mense 20 minute langer slaap.

“Respondente het gemiddeld net ses uur slaap gekry wanneer hulle die oggend sesuur begin werk en kry 7,3 uur wanneer hulle tussen nege- en tienuur begin werk,” beweer die navorsers.

Dr. Mathias Basner van die Universiteit van Pennsilvanië se Perelman School of Medicine, die hoofskrywer van die studie, het ’n verband tussen ’n vroeë begin soggens en minder slaap gevind.

Die grootste skuldige is werk; dié wat ses uur of minder slaap, werk 1,6 uur langer op weeksdae en 1,9 uur langer oor naweke of op vakansiedae. Hulle het ook vroeër begin werk en later klaargemaak.

“Daar is oorweldigende bewyse dat werk die grootste oorsaak is dat mense minder slaap inkry,” het dr. Basner gesê.

Dié wat die risiko loop vir die minste slaap inkry, is volwassenes met meer as een werk; amper twee derdes slaap snags waarskynlik ses uur of minder. Intussen kry werkloses of afgetredenes die meeste slaap.

Een van die grootste redes vir slaap verloor, is die tyd wat die pendel werk toe en terug opneem.

“Potensiële intervensie-strategieë om die voorkoms van chroniese slaapverlies onder die bevolking te verminder sluit in groter buigsaamheid in die begintyd van werk en klas, die vermindering van mense met meer as een werk en korter pendeltye,”  het dr. Basner bygevoeg.

Daar word aanbeveel dat volwassenes minstens sewe uur per nag slaap.

As jy ’n bietjie te min slaap kry, is dit onwaarskynlik dat jy net  jou baas kan vra om ’n bietjie later in te kom. Probeer jou pendelrit ontspannend maak en luister na kalmerende musiek of selfs ’n opname van ’n meditasie. Doen dan jou bes om saans rustig te raak: neem ’n warm bad, drink ’n koppie kruietee of lees ’n boek.

© Cover Media