Kundiges by die Flinders-universiteit in Australië en die Liverpool-universiteit in die Verenigde Koninkryk het meer as 300 vroue tussen die ouderdom van 17 en 25 jaar bestudeer om uit te vind hoe hulle op verskillende tye van die dag oor kos voel.

Die resultate toon in die namiddag het die vroue outomaties ’n stukkie koek gunstiger oorweeg.

Lees ook: Suiker verjaag Klaas Vakie

“Ons bevindings toon daar bestaan ’n neiging om soos die dag vorder ál meer ongesonde peuselkos te oorweeg. In vorige navorsing is aangedui dit laat die mens ál meer lus kry daarvoor en dit eindelik inneem,” het dr. Ashleigh Haynes gesê.

“Dié navorsing suggereer ’n mens moet strategieë vind om jou natuurlike reaksies te beheer of sorg dat ongesonde kos nie later in die dag – wanneer jy dit ál meer oorweeg – so geredelik beskikbaar is nie.”

Dr. Kacie Dickinson, ’n dieetkundige by die Flinders-universiteit, reken die uitslae kan verklaar word deur “ons algemeen aanvaarde standaarde” vir ’n gepeusel.

Sy waarsku al dink ’n mens jy gee jou energievlak laatmiddag ’n hupstoot deur in teetyd koek of iets souts te eet, moet jy onthou waarvan hierdie peuselhappies gemaak word.

Lees ook: Winkelgeregte groot sondebok in stryd teen suiker

“Baie daarvan is verwerk en bevat baie suiker, vet en sout. Dis waarom dit belangrik is dat mense ’n manier kry om minder hiervan te eet.”

Kacie het bygevoeg gesonde mense het nie tussen maaltye happies nodig om ’n gebalanseerde dieet te handhaaf nie. Sou jy wel deur die dag lus raak vir iets, raai sy aan dat jy eerder iets soos gesonds soos vars vrugte, ? k ongesoute neute of ’n klein bakkie (170 g) natuurlike jogurt eet.

“Hierdie navorsing help ons om te sien wat alles iemand se mening oor kos beïnvloed en maak ons touwys oor hoe ’n mens minder ongesonde kos kan eet. Dit kan ons help om vetsug, wat toeneem en verband hou met chroniese siektes, teen te werk.”

Navorsers wil nog studies doen oor hoe mens daardie peuseldrang kan stuit. Die studie is in die tydskrif Elsevier Food Quality and Preference gepubliseer.

© Cover Media