’n Sielkundige beweer die mens se verslawing aan sosiale media kan moontlik verbind word met die manier waarop die mens se brein ontwikkel het.

Miljoene mense gaan Facebook verskeie kere per dag na of is gedurig besig om boodskappe en foto’s aanlyn te deel.

Ook word beweer die manier waarop ons breine oor duisende jare ontwikkel het, het die mens in skinderbekke verander wat die versoeking nie kan weerstaan om met ander mense in aanraking te kom nie, veral aangesien die mens nie meer nodig het om “jagter-versamelaars” te wees wat moet baklei om te oorleef nie.

“Die feit dat baie mense ’n sterk drang het om deur middel van sosiale media met baie mense te skakel, is nie werklik so verstommend nie,” het die bekroonde Amerikaanse sielkundige prof. Bruce Hood gesê.

Hy het pas sy jongste boek, The Domesticated Brain, bekendstel en is deur MailOnline aangehaal: “Ons brein het soveel ontwikkel dat ons nou sosiale diere is.”

Lees ook: Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket

Volgens Bruce is dit interessant dat mense aanneem die groter blootstelling aan verskillende standpunte op sosiale media, maak ons meer oopkop.

“In werklikheid sien ons die teenoorgestelde. Dit lyk asof mense meer dikwels geneig is om aanlyn in nis-denkgroepe in te skuif as in die werklike lewe,” het hy gesê.

Hy verduidelik voorts dat sedert die mens miljoene jare gelede ontstaan het, die brein aanhou groei en ontwikkel het.

Ongeveer 20 000 jaar gelede het die groeiproses tot ’n einde gekom en die brein het begin krimp.

Bruce glo die verandering het plaasgevind omdat ons meer “makgemaak” is.

Die sielkundige beweer in sy boek die verkleining van die brein het gebeur in die tyd toe mense opgehou het om jagter-versamelaars te wees en begin boer het.

Lees ook: Hierdie webtuiste laat mense se iPhone ineenstort, maar is dit gevaarlik?

Toe mense in gemeenskappe begin bly en saam begin werk – eerder as om hul bure te probeer uitoorlê ten einde kos in die hande te kry – het sosiale interaksie belangriker geword.

Dit was ook die tyd toe die mens begin het om kennis aan volgende geslagte oor te dra.

Met die ontwikkeling oor die jare het die mens se behoefte om verbindings met ander mense te vorm, ’n vereiste geraak.

Deesdae bevredig sosiale media soos Facebook en Twitter die behoefte om met ander mense te skakel.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Liam Payne dolverlief op Cheryl Fernandez-Versini

Twee vissermanne sterf ná boot aan Weskus omslaan