In ’n studie oor die onderwerp is vasgestel dat hierdie twee ekstra selle mans aanmoedig om seks uit te sonder en daarvan ’n prioriteit bo alle ander dinge te maak.

Die data is versamel deur wetenskaplikes van die Universiteitskollege van Londen wat klein wurmpies bestudeer het wat beskik oor biologiese eienskappe soortgelyk aan dié van die mens. Nadat gevind is die twee selle, waarna voorheen verwys is as misterieselle van die man, het ’n kragtige uitwerking op die seksdrang van die man, lyk dit asof waarheid tog steek in die beskouing dat mans seks op die brein het.

Die studie het gefokus op Caenorhabditis elegans, wurms wat in die grond leef, net 1 mm lank is en voorkom in twee geslagte, manlik en tweeslagtig (’n organisme met die voortplantingsorgane wat gewoonlik met die manlike en die vroulike geslag geassosieer word). Vorige ondersoeke het getoon die manlike wurms het twee ekstra breinselle gehad vergeleke met die tweeslagtiges, en hierdie jongste data het lig gewerp op die manier waarop hulle gedrag beïnvloed.

“In die breër prentjie kom dit neer op die vraag: hoe dink mans en vroue verskillend en hoe tree hulle verskillend op,” het dr. Richard Poole verduidelik. “Ons wonder altyd of ons verskillend aangelê is en of dit met die samelewing te make het, en in hierdie geval is dit geneties.”

Die wetenskaplikes glo die selle stel die manlike wurms in staat om inligting op ’n ander manier te verwerk en “seks in toekomstige situasies voorop te stel”.

Die wurms is tydens die studie geleer om hongersnood met soutigheid te assosieer en dus het hulle wegbeweeg wanneer hulle op ’n bord met hoë konsentrasies van die mineraal geplaas is. Albei geslagte wurms het hierdie gedrag aangeneem. Toe die wurms egter geleer is om soutigheid met hongersnood en seks te assosieer, het die mannetjies op die mineraal afgepyl, terwyl die tweeslagtiges dit vermy het. Toe die misterieselle van die mannetjies verwyder is, het hulle ook ’n afkeer van die sout getoon, selfs toe dit met seks geassosieer is.

© Cover Media