Dit is egter nie maklik om die hele liggaam te versterk nie en hul arms is nogal ’n liggaamsdeel waarmee mense sukkel.

Pop Sugar het vir dié van julle wat in hierdie kategorie val, raad uitgesnuffel oor hoe om van daardie vet om die arms, waarvan jy moontlik tot dusver nie eens bewus was nie, ontslae te raak.

Wat gewigte betref, behoort jy dié te gebruik wat jy met ’n bietjie moeite kan oplig en dan ’n effense branderige gevoel in die spiere kry.

Om egter werklike resultate te sien moet jy ’n paar keer per week ietwat swaarder gewigte probeer optel. Die bekende afrigter Jennifer Cohen verduidelik dit “skok” jou liggaam en help slanke spiere en gedefinieerdheid bou.

Lees ook: Kuldae kan jou help om gewig te verloor, meen kenners

Om uit te vind wat jou perke is, stel sy voor jy lig af en toe gewigte van 1,5 of 2,7 kg, gebruik 10-, 12- of 15-punt-handgewigte op om jou spiere aan die raai en aan die groei te hou. Moenie aangaan as jy pyn ervaar nie; dis nie die moeite werd nie.

Die bewegings wat jy uitvoer, speel ook ’n groot rol aangesien nie alle bewegings sal help dat jy vet om jou arms verloor nie.

Jy het ook nie altyd gewigte nodig nie, want eenvoudige metodes soos om met ’n arm op ’n slag in die lug te boks en albei arms in ’n sirkelvorm agtertoe te beweeg help ook spiere stywer maak.

Moet ook nie van die nederige opstote vergeet nie; dit versterk jou boarms sowel as jou kern.

Maak net seker dat jou posisie korrek is: voete bymekaar, tone na die vloer, hande skouerwydte van mekaar af en plat heupe en rug, terwyl die lengte van jou liggaam parallel met die grond bly.

Lees ook: Banters let op! ‘Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate’

Dieet lewer ook ’n bydrae tot hierdie proses, dus is dit die beste om reg te eet!

Soos dikwels aanbeveel word: Skakel verwerkte kosse uit en hou wat alle maaltye betref by vars bestanddele volgepak met voedingstowwe en geur.

Dit sal bydra tot algehele gewigsverlies en jy sal meer energie kry vir oefen.

Proteïenryke happies en maaltye sal jou ook aan die gang hou sodat jy na hartelus kan oefen, terwyl die enigste branderigheid wat jy voel, die groeiproses van jou spiere sal aandui.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot

Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

‘Hulle gil, skree en baklei in hul slaap!’: Kenners gee raad as jou geliefdes aan vreesaanvalle snags ly