Volgens ’n onlangse studie kan musiek babas moontlik help om taalvaardighede vinniger te leer.

Navorsers by die Universiteit van Washington voer aan musiek kan babas spraak en musiek beter help begryp. HealthDay het berig 39 babas van nege maande oud is lukraak gekies en verdeel in ’n kontrole- of toetsgroep.

Vir ’n maand lank is die kontrolegroep tydens ’n dosyn sessies van 15 minute elk dopgehou terwyl hulle met speelgoed speel.

Die ander 20 babas het na “opnames van kindermusiek geluister terwyl ’n ondersoeker hulle en hul ouers gelei het om die maatslae aan te dui”, het die studieskrywer en -leier, T. Christina Zao, gesê.

Lees ook: Beskerm só jou kind teen ongepaste inhoud op die internet

Al die liedjies was in drieslagmaat, byvoorbeeld walse, omdat dié musiek relatief moeilik is om vir babas te leer. Die volgende week, nadat die speelsessies verby was, het al die babas breinskanderings ondergaan.

“Tydens die skanderings het die babas na musiek- en spraakklanke geluister. Elkeen het ’n bepaalde ritme gehad en is af en toe onderbreek. Die skandering het getoon die babas het die onderbreking opgemerk.”

Die navorsers het bevind die babas in die musiekgroep het beter reageer op onderbrekings in die ritme van spraak en musiek.

Lees ook: Kinders grootmaak kan ouers se immuniteitsisteem radikaal affekteer

Dis wel nog onduidelik hoe lank die uitwerking daarvan sal duur of hoeveel blootstelling nodig is.

Met vorige navorsing, bekend as die “Mozart-uitwerking”, is ondersoek ingestel na die manier waarop musiek in die vroeë stadiums van die kind se lewe moontlik ’n positiewe impak op breinontwikkeling kan hê.

Die soort teorieë is egter omstrede en navorsing oor die verband tussen klank en kognitiewe werking het nog geen definitiewe resultate opgelewer nie. Die studie is in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Dis wat sal help om daai kankerstokkie vir goed dood te druk

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?

Testikulêre kanker: Wat elke man moet weet

Verloor só gewig sonder om enige kos uit te sny