En terwyl ’n paar werklik taboe is, is daar ’n paar wat nie regtig so sondig is nie. Lees vêrder om te sien watter kosse jy maar kan eet.

Brood

Die meeste mense wat gesond eet of op ’n dieet is, sal getuig dat hulle koolhidrate vermy. Maar dit beteken nie jy moet nooit weer brood koop nie – wees net uitsoekerig wanneer jy dit wel doen. Volgraanbrood is propvol voedingstowwe en verskaf vesel. Moet dus nie sleg voel as jy af en toe ’n stukkie bruinbrood met saad in eet nie.

Grondboontjiebotter

Die gladde smeer is taamlik sleg vir jou, of hoe? Wel, soort van. Maar daar is al in navorsing bevind dat mense wat dit daagliks eet in die algemeen gesonder diëte het. Dit is hoog in vet – maar dit is gesonde mono-onversadigde en poli-onversadigde vette. Dit bevat ook proteïen, vitamien E en foliensuur. Kyk vir natuurlike weergawes in gesondheidswinkels en smeer dit dun op jou brood.

Koeimelk

Mense verruil koeimelk vir amandel-, klapper- en sojaweergawes. Maar is dit werklik goed vir jou. Tensy suiwel werklik ’n probleem is, is die antwoord nee. Koeimelk het 8 g proteïen per koppie, terwyl die ander soorte gewoonlik net 1 g per koppie het. Dit bevat ook baie vitamien D en kalsium.

Bier

Wanneer jy op ’n dieet het en saam met vriende ’n drankie geniet, kan dit soos ’n mynveld voel. Is wodka en sodawater regtig al keuse? Verbasend is bier nie so erg soos wat jy dink nie. Dit bevat geen vet en cholesterol, maar bevat yster, kalsium, foliensuur en antioksidante. Matige inname (een glas per dag vir vroue en twee vir mans) kan selfs die risiko vir hartsiektes verminder.

© Cover Media