Pille is deesdae ’n gewilde manier om gesond te bly, maar jy moet seker maak die produkte waaraan jy geld bestee, hou werklik voordele in. Ons het ’n lysie van die moets en moenies saamgestel, soos aanbeveel deur die tydskrif Women’s Health. Onthou: Geen pil moet dien as ’n plaasvervanger vir ’n gesonde dieet ryk aan vrugte en groente nie.

Die goeies 

Daar is ’n paar staatmakers wat help met gewigbeheer, maar nie almal van hulle is altyd die vanselfsprekende keuse nie. Kaneel help byvoorbeeld bloeddruk e verlaag, kosdrange beheer en balanseer bloedsuikervlakke.

Ons almal weet groentee word aanbeveel as jy jou gewig wil beheer, en die pilvorm het dieselfde uitwerking. Daar is wetenskaplik bewys dat die polifenol-epigallokatechien-gallaat (EGCG) die metabolisme ’n hupstoot gee en ook van vet ontslae raak.

Wil jy ’n slegte bui op ’n afstand hou? Dan sal 5-hidroksietriptofaanjou gemoed lig omdat dit serotonienvlakke verhoog – dis die hormoon wat bydra tot depressie as die vlakke laag of daar ’n wanbalans is. Anders as  Sint Janskruid, kan 5-HTP saam met voorbehoedmiddels geneem word.

Magnesium kan ook hiermee help omdat dit bekend is vir sy kalmerende eienskappe wat jou kan help slaap. Premenstruele sindroom (PMS) is ’n versameling simptome waaraan vroue tydens menstruasie ly, en ’n magnesiumwanbalans is al daarmee verbind. Hou dus jou magnesiumvlakke stabiel as jy maandeliks probleme hiermee ervaar.

Vir algehele gesondheid kan jy van dié stapelprodukte beproef. Yster, wat help om suurstof in die liggaam te vervoer en jou energiek hou, vitamien D3 is die mees absorbeerbare opsie van die D-variëteit en beskerm teen been- en hartsiekte, terwyl vitamien B degeneratiewe breintoestande, soos demensie en Alzheimersiekte, kan voorkom.

Die slegtes

Soos gemeld hierbo, kan Sint Janskruid die werking van sommige voorskrifmedikasie verhoed of hul doeltreffendheid verminder, en dit kan onomkeerbare resultate hê as jy nie versigtig is nie.

Kalsiumkapsules is nie so voordelig soos om gereeld melk te drink of ’n stukkie kaas te eet nie. Jy kry dit boonop nie net in suiwelprodukte nie – kosse soos gedroogde vye en boerkool bevat ook baie kalsium.

Wees ook versigtig vir vitamien A, want dis maklik om te veel daarvan te neem en hoë vlakke kan lewerskade aanrig. Dit het goeie resultate soos om ’n gesonde immuunstelsel en selgroei te bevorder, maar kry dit in sy natuurlike vorm soos patats en wortels.

Dieselfde geld vir vitamien E, behalwe as ’n professionele gesondheidsbeampte jou aangeraai het om jou inname te vermeerder. Te veel daarvan kan lei tot bloedklonte of trombose.

Chitosaan word vir gewigsverlies gebruik, maar terwyl dit sy taak verrig, verwyder dit ook goeie vette.

© Cover Media