Om te weet hoeveel kilojoules in die ekstra snytjie koek is, sal jou dalk nie keer om dit te eet nie.

Maar Amerikaanse navorsers het nou bevind mense sal wel twee keer dink voor hulle iets eet as hulle weet hoe lank hulle sal moet oefen om die energie te verbrand.

In ’n studie het 300 mense tussen 18 en 30 een van drie spyskaarte gekry: een met net die kositem, een met die energiewaarde by en een met die oefeninligting.

Kos met 15 persent minder kilojoules is bestel van die spyskaart met die oefeninligting! Hoeveel moet jy oefen om dit te verbrand?

  • ’n Hamburger van 2 000 kJ – 75 minute lank grassny
  • Sjokolade van 1 000 kJ – 2½ uur lank tuin natlei
  • Roomys van 1 000 kJ – ’n uur lank stap.