Dr. Edgar Mocanu, ginekoloog by die Rotunda-hospitaal in Dublin, waarsku in teenstelling met die algemene opvatting is dit nie net vroue wat oorgewig is wat ’n risiko loop nie; die skrales wat baie vet inkry, kan ook hul kanse op swangerskap in die wiele ry.

Boonop is ongesonde kos ook die oorsaak van laer vrugbaarheid by mans, en die hoogste risiko kom in ryk lande voor soos die VK en die VSA.

“Hoëvetdiëte vorm deel van die probleem,” het Edgar aan die Daily Mail gesê met verwysing na vrugbaarheidskwessies. “Dit vestig die aandag daarop dat ons wat vrugbaarheid betref nie net op vroue moet konsentreer nie, maar ook op mans. Dieet speel ’n groot rol en dit geld vir mans sowel as vroue.” Edgar is daarvan oortuig dat ’n swak dieet een van die hoofredes is waarom paartjies deesdae meer as in die verlede sukkel om swanger te raak. Hy is veral bekommerd oor die daling in spermtellings, asook die voortgesette daling daarvan in ryk lande.

Boonop is ongesonde kos ook die oorsaak van laer vrugbaarheid by mans

Hy het kommentaar gelewer na aanleiding van navorsing oor vrugbaarheidsyfers en die uitwerking van diëte wat baie transvette bevat op mans wat in vitro-bevrugting (IVF) aangewend het in ’n poging om hul wederhelf te bevrug.

By die Harvard-skool vir Openbare Gesondheid is bevind dat vrugbaarheid die laagste was by pare waar die mans gereeld groot hoeveelhede vet inkry. Mans wat die minste transvette ingeneem het, het ’n kans van 83 persent gehad om hul maat swanger te maak, terwyl dit tot 47 persent laer was by mans met die hoogste inname van transvette.

Transvette word gewoonlik in braaigeregte, margarien, lekkers en koekies aangetref. Op ’n konferensie van die Amerikaanse vereniging vir reproduktiewe medisyne is pas drie nuwe studies aanbied waarin aangevoer word dat hoëvetdiëte tot beskadigde eierstokke, swak embrio’s en laer spermtellings lei.

© Cover Media