En as jy ’n bietjie New Age wil raak, kan jy ’n roetine kies gegrond op die maan se siklus.

Maar met so baie keuses, hoe is jy veronderstel om te weet of koolsop jou sal help gewig verloof en of jy liewer aan esdoringstroop en rooipeper moet smul? Gelukkig het ’n groep wetenskaplikes die werk vir jou gedoen.

Die Nasionale Instituut vir Gesondheid van Amerika het vir ’n ondersoek betaal wat dié week in die vaktydskrif Annals of Internal Medicine gepubliseer is. Altesaam 148 volwassenes is ’n jaar lank waargeneem. Party het ’n laevetdieet gevolg en ander ’n laekoolhidraat-dieet. Die laevet-groep het minder as 30 persent totale vet per dag geëet en veral kosse soos graan, stysel en groente ingeneem. Die ander groep het sowat 40 g koolhidrate per dag ingekry en hoofsaaklik hoëproteïenmaaltye vol eiers, tuna, rooivleis en groente geëet.

Aan die einde van die ondersoek het die mense op die laekoolhidraat-plan meer gewig en vet verloor as die res – gemiddeld sowat 3,6 kg meer. Daar is ook bevind dat die laevet-mense in werklikheid meer spiere as vet verloor het. Daarby het die laekoolhidraat-groep meer goeie cholesterol en ’n verlaagde risiko vir hartsiekte gehad – en dit ondanks die feit dat hulle meer versadigde vet die aanbevole riglyne geëet het.

Die navorsers het ook vasgestel dat mense op laekoolhidraat-diëte se middelomtrek gewoonlik afneem.

Maar voor jy ’n laekoolhidraat-dieet begin volg, is dit die moeite werd om iets anders in ag te neem. Die Journal of the American Medical Association het ’n aantal diëte ontleed en bevind dat hoewel diegene wat minder koolhidrate inneem, dalk meer gewig verloor, dit ook gesondheidsvoordele inhou en jou help gewig verloor as jy by ’n laevet-eetplan hou.

Daar is bevind albei moontlikhede lei tot ’n beduidende verandering op die skaal; daar is nie juis ’n verskil tussen die twee nie. Daarom sal dit waarskynlik vir jou beter wees om te hou by watter een ook al die beste by jou leefstyl pas. So sal dit die norm word en baie makliker om vol te hou.

© Cover Media