Vlugvoosheid kan jou dae lank affekteer, en dit is aaklig wanneer jy jou vakansie wil geniet of weer in die tuig moet wees.

Hier is ’n paar maniere waarop jy die onaangename sensasies kan baasraak, eerder as dat jy jou daaraan oorgee.

  • Verander jou slaappatroon voor jy vir jou bestemming vertrek. As jy byvoorbeeld ooswaarts reis, moet jy ’n uur vroeër gaan slaap en ’n uur later as jy weswaarts reis. Kyk na die tydverskil en pas jou planne daarvolgens aan as jy dink dit gaan van meer hulp wees. Maak net seker jy kry genoeg slaap, want dit gaan nog uitputtender wees as jy moeg is terwyl jy reis.

  • As jy tydens die reis ’n uiltjie knip, maak seker dit is kort slapies. Dit lyk ook dalk na ’n goeie idee om ’n koppie koffie te drink om jou wakker te hou of om ’n sopie weg te slaan om jou te help slaap, maar dit gaan net die vlugvoosheidsimptome vererger. Hou by drankies met water om jou tydens die reis gehidreer te hou.

  • Moenie gespanne raak as daar ’n groot tydsverskil is nie, en al is die versoeking groot, moet jy ’n slapie met jou aankoms vermy. As dit nog etlike ure voor slaaptyd is, maar in jou kop voel dit na die middel van die nag, moet jy jou met ’n aktiwiteit besig hou. Vars lug gaan jou energievlakke hoog hou, en dit gaan jou ook later lekker laat slaap.

  • Die natuurlike lig gaan ook jou liggaam flous om jou ingesteldheid te hersinchroniseer, wat jou wakkerder gaan laat voel.

Help dié wenke nie? Daar is aanvullings en middels wat jy kan gebruik – kyk vooraf aanlyn of praat met jou dokter oor enige voorstelle wat die simptome verlig.

© Cover Media