Kersfees is amptelik verby en oral is advertensies wat voorgee hulle het die volmaakte dieet- of oefenprogram om daardie vakansierolletjies af te skud.

[caption id="attachment_114557" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Dit is nou wel aanloklik om dié giere na te volg, maar jy kan ’n verandering bewerkstellig deur ’n doodgewone kossoort by jou dieet te voeg: die boontjie.

Laat ons verduidelik hoekom hierdie voedselkragsentrale in 2016 jou beste vriend behoort te word.

Dis ’n uitstekende plaasvervanger vir vleis

Of dit nou ter wille van hul gesondheid of die omgewing is, soek baie mense maniere om die hoeveelheid vleis wat hulle eet, te verminder – of om dit selfs heeltemal uit te skakel.

As jy sukkel om geregte te rek, voeg rooi nierboontjies by. Dit verrig wondere in fajitas en kerriegeregte, en sal jou vleislose geregte vullender maak.

Dis propvol proteïene

Boontjies is vol proteïene: 100 g nierboontjies bevat 24 g proteïene en 100 g swartboontjies 22 g. Proteïene hou jou bloedsuiker- en energievlakke stabiel en dit beteken dat, as jy vol boontjies is, jy minder geneig sal wees om happies met baie kilojoules te verorber.

Dis gepak met vesel

As jou maag in die middel van die oggend grom, kort jy kossoorte wat jou meer versadig sal laat voel. Boontjies is ideaal hiervoor, aangesien die hoë veselinhoud jou langer versadig laat voel.

Verpulp dit saam met jou oggendsmoothie; die bone is so subtiel, jy sal dit nie eens proe nie.

Dis ’n wonderlike laekilojoulehappie

Die mense wat die meeste sukses behaal met hul dieet, eet bedags gereeld klein porsies happies met min kilojoules. Een van die beste maniere om happies te maak van boontjies is om dit in ’n smaaklike doopsous te verpulp.

Geniet dit dan saam met wortelstokkies terwyl jy werk.

© Cover Media