Dié skerp, smaaklike vloeistof bevat nie net vitamiene A, E en P nie; dit is ook propvol goeie goed, soos kalsium en yster.

Het ons jou aandag getrek? Daar is nog baie ander redes waarom jy altyd appelasyn in jou koskas moet hê.

Dit help verbeter jou spysvertering wanneer jy dit by jou kos voeg of daarmee kook. Dis danksy die pektien, ’n verjel-agent wat van die appel kom.

Dink aan die gesegde “’n appel ’n dag laat die dokter wag”. Dis presies wat jy daaruit sal kry as jy dié asyn gebruik. Pektien kleef vas aan die cholesterol wat in die maagdermkanaal voorkom – die orgaanstelsel wat vir die verbruik en vertering van kos verantwoordelik is – en help vertraag die opname van glukose deur koolhidrate vas te vang. Kortom: Dit help jou die goeie goed inkry en is al met die verlaging van cholesterolvlakke in die bloed in verband gebring.

Dit beteken ook dit bevorder gewigsverlies, danksy die vertraging van die opname van koolhidrate, en laat jou langer versadiger voel en minder geneig om te peusel.

Soos reeds genoem, bevat appelasyn baie vitamiene. Daarom is dit nuttig as jy ’n bietjie olik voel. As jy nie gereeld pille drink nie, is dit waar die produk te pas kom. Dit sal jou sinusse oopmaak as jy dit saam met suurlemoensap en heuning in warm water drink. Dit klink dalk na ’n ramp in ’n koppie, maar die sterk geure sal jou beslis spoedig help herstel.

Boonop is daar bewys appelasyn gee jou energie. Jy kan dit selfs in die plek van ’n koppie koffie drink – voeg net ’n paar lepels vol by water en sluk dit.

Appelasyn bedruip oor slaaie, braaibrood of roostergroente sal dit ’n heerlik pikante smaak gee. Meng dit by ’n maaltyd in wanneer jy ook al kan – teen slegs drie kalorieë per lepel hoef jy jou nie te bekommer oor oordadig wees nie.

Buiten die gesondheidsvoordele wat dit inhou, is appelasyn ook ’n teenvoeter vir vratte. Doop ’n bolletjie watte in die asyn en plaas dit op die plek. Draai dit met mediese band toe en laat die vloeistof intrek. Dis ’n vinnige en maklike oplossing pleks van dit deur ’n kenner te laat afbrand.

© Cover Media