Maar een gewisse manier om goed te lyk en gesond te voel is deur jou koelkas en kombuiskaste deeglik te ontgif. Die kos wat jy hier hou, kan baie van jou sê; kry dus jou kombuis in orde en jy sal vanself gesonder leef. Die voedingkundige Amelia Freer het aan die Daily Mail verduidelik presies wat weggegooi moet word en wat ’n plek in jou kos- en koelkas verdien.
Maar een gewisse manier om goed te lyk en gesond te voel is deur jou koelkas en kombuiskaste deeglik te ontgif.

Ontbytgraan: Amelia bevel aan dat jy ontslae raak van elke soort ontbytgraan omdat dit almal verwerkte pakke vol suiker en preserveermiddels is. So baie suiker kan lei tot ’n daling in konsentrasie en energie in die middel van die oggend. “Dis die ergste manier om jou dag te begin,” het sy gesê.

Verwerkte kosse: Dis nie juis ’n verrassing nie. Amelia dring daarop aan dat alle blikkies, gekoopte maaltye en enigiets in ’n pakkie met ’n lang lys bestanddele, weggegooi word. Hoogs verwerkte kosse bevat nouliks enige voedingstowwe en die groot aantal chemikalieë wat hul plek inneem, kan jou liggaam laat smag na vars produkte. Sy raai aan dat jy ’n hele rak opsysit vir proteïene, soos hoender, vis en rooivleis, omdat elke maaltyd daarvan moet bevat. Net so meng jy baie vrugte en groente elke week sodat jy ’n lekker verskeidenheid kan kry.

Margarien: Selfs dié wat beweer dis gesond, moet weggegooi word. Kry liewer organiese botter.

Glutengraan: Koringmeel (selfs volkoring), gars, bulgur-koring, koeskoes, gort, rog en griesmeel bevat alles gluten, ’n proteïen wat die liggaam besonder moeilik vind om te verteer en kan gevolglik naarheid en opgeblaasheid veroorsaak. Probeer eksperimenteer met alternatiewe en kyk hoe jou liggaam daarsonder reageer.

Jogurt: Daar is nou so baie “gesonde” jogurt wat beweer dit bevat baie kalsium, proteïene en probiotika, maar Amelia glo dat jy meer probiotika uit ’n kapsule sal kry en sê die meeste soorte jogurt net so veel suiker bevat as ’n blikkie gaskoeldrank.

Dieet-oliespuitmiddels: Chemies afgeleide kookolies soos soja-, sonneblom-, saffloer- en koringolie ondergaan ’n ekstraksieproses wat industriële oplosmiddels gebruik. “Wil jy regtig olies eet wat hittebehandeling en chemiese prosesse ondergaan het, soos om ’n petroleum-oplosmiddel te gebruik om die olie uit te kry?” vra Amelia.

Voeg olyfolie net so by kos vir geur, en kook met klapperolie, botter, bottervet of avokado-olie, wat ’n effens hoër verdraagsaamheid teenoor hitte het. Dit beteken dis stabieler wanneer dit verhit word en die hitte breek nie die voedingswaarde af nie.

© Cover Media