Kyk hier wat mindbodygreen.com aanbeveel.

Sittende kobra

Dit is ’n bietjie minder veeleisend as die kobra-beweging, wat vereis dat jy op jou maag op die grond lê. Hou jou bekken vertikaal en beweeg jou hande na jou lae rug sodat jou pinkies aan die middel van jou rug raak. Maak seker jou hande is uitgestrek om jou lae rug te ondersteun en jou ken raak aan jou bors. Druk jou bors vorentoe en hou die posisie twee of drie asemhalings voor jy ontspan. Herhaal sowat vier keer.

Pektorale strek

Sit in ’n stoel en maak seker jy sit regop. Lig jou arms langs jou sye tot ’n hoek van 90 ° tot jou hande agter jou kop aan mekaar raak. Doen dit versigtig sodat jy nie ’n spier verrek of jou ribbes uitsteek nie. Die geheim is om jou ribbes en skouers stil te hou en seker te maak jy is die hele tyd gemaklik. Herhaal drie keer om jou postuur reg te kry.

Systrek

Dié beweging is gewild onder atlete wat wil opwarm. Staan regop, steek een arm op met jou elmboog effe gebuig. Leun dan effens in die rigting waarin jou hand wys. Gebruik jou ribbes pleks van net jou bene of skouers. Gebruik jou ander hand om op die teenoorgestelde heup te druk sodat jy nie omval nie. Hou die posisie drie tot vyf sekondes en hou jou balans op albei voete voor jy arms omruil. Herhaal sowat drie keer; dit sal jou meer regop en uitgestrek help voel.

© Cover Media